Woord vir Vandag - 23 Sep 2026

Loading player...
“…Vat al jou manskappe en gaan veg teen Ai…” Josua 8:1 NLV
Die God van tweede kanse
Na ’n vernederende nederlaag, het God vir Josua ‘n tweede kans op oorwinning gegee: ‘…Vat al jou manskappe en gaan veg teen Ai. Ek gee die koning van Ai, sy volk en sy stad en sy land in jou mag.’ Die koning van Ai was op pad om ‘n tweede oorwinning teen Josua te gaan behaal. Hy het na Josua toe gemarsjeer en sy stad onbeskermd gelaat. Josua se elite groep soldate het ingestorm en dit aan die brand gesteek. Toe het Josua van koers verander en die leër van Ai in die middel vasgevang. Die oorwinning was voltrek. Vergelyk egter hierdie aanval met die eerste een. In die eerste aanval het Josua spioene geraadpleeg; in die tweede het hy na God geluister. In die eerste het hy tuis gebly. In die tweede het hy sy leër gelei. Toe Josua God se strategie gevolg het, het die oorwinning plaasgevind. Dit gebeur altyd so! Miskien het jy ook, soos Josua, ‘n vernederende nederlaag gely. Indien wel, is hier twee dinge wat jy moet weet: 1) Moenie moed opgee met God nie, want Hy sal nie moed opgee met jou nie. ‘Die goddelose mens moet sy verkeerde dinge los, en die bose mens sy slegte gedagtes. Hy moet terugdraai na die Here en Hy sal hom genadig wees. Ja, draai na God, want Hy sal altyd vergewe!’ (Jesaja 55:7 NLV). 2) God sal jou nog ‘n kans gee. Jona het van God se roepstem weggehardloop, maar God was nie klaar met hom nie. ‘Die Here het ‘n tweede keer met Jona gepraat: ‘Maak jou gereed en gaan na die groot stad Nineve…’ Jona het gereedgemaak en na Nineve toe gegaan...’ (Jona 3:1-3 NLV). Wat God vir Josua en Jona gedoen het, sal Hy vir jou ook doen as jy jou tot Hom bekeer.
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min