Woord vir Vandag - 24 Sep 2026

Loading player...
“…Ek is saam met Christus gekruisig.” Galasiërs 2:19 NLV
Lewe die gekruisigde lewe
Paulus het geskryf: ‘…Ek is saam met Christus gekruisig. Ek leef nie meer nie, maar Christus lewe in my. Die lewe wat ek nou op aarde beleef, leef ek deur geloof in die Seun van God, Hy wat sy liefde vir my bewys het deur in my plek te sterf’ (verse 19-20 NLV) Dis moeilik om aanstoot te neem wanneer jy dood is. Dis ook moeilik om kwaad te word, ontsteld te raak of depressief te raak wanneer jy dood is. Die dag waarop jy jou geloof in Christus plaas, is die dag waarop jou ou mens sterf. Jou begeertes, jou drome en jou planne is dood. Jy is ‘n nuwe skepping in Christus. Natuurlik moet jy daagliks in hierdie identiteit leef. Paulus het gesê: ‘Ek sterf dag vir dag…’ (1 Korintiërs 15:31 AFR53). Jesus het gesê: ‘…as enigeen van julle my dissipel wil word, moet jy jou selfsugtige ambisie aflê, elke dag jou kruis opneem en My volg’ (Lukas 9:23 NLV). Die kern van beide verse is dat dit daagliks moet gebeur. Daar is groot vryheid in hierdie daaglikse dood. Jou prestasie is nie meer ‘n bewys van jou waarde nie. Jou ego is nie meer op die spel nie. Jou reputasie is nie meer in gevaar nie. Jy leef vir die goedkeuring van Een - die Here! Daarom kon Paulus skryf: ‘Maar ek – ek wil my op niks anders beroem as die kruis van ons Here Jesus Christus nie. Want daardeur is die wêreld vir my gekruisig, en ek vir die wêreld’ (Galasiërs 6:14 NLV). Om sy punt tuis te bring, het hy geskryf: ‘Julle het mos saam met Christus gesterf en julle lewe is saam met Hom veilig by God weggesteek’ (Kolossense 3:3 NLV).
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min