Woord vir Vandag - 25 Sep 2026

Loading player...
“En al het jy met min begin, sal jy met baie eindig.” Job 8:7 NLV
Maak gereed vir verandering (1)
Ons klou dikwels aan mense en dinge vas asof ons alles dieselfde kan hou. Dit kan egter nie gebeur nie. Wat jy wel kan doen, is om gereed te wees om verandering te hanteer wanneer dit plaasvind. Jy mag dalk nie kan voorspel wat die verandering sal wees nie, maar jy kan dinge in plek stel om jou te help om dit te hanteer wanneer dit aanbreek. Kinders gaan universiteit toe, dus oorweeg wyse ouers dit om ‘n spaarplan uit te neem wanneer hulle kinders gebore word. Mense hou uiteindelik op werk, dus maak dit sin om vir aftrede te spaar. ‘n Uitvoerende beampte wat eendag gaan bedank, beplan vir ‘n opvolger sodat die maatskappy kan aanhou floreer. Soms is verandering moeilik, maar beplanning help ons om verandering tegemoet te kom. Met God aan jou sy het jy al die gereedskap wat jy nodig het vir sukses, insluitend die buigsaamheid en aanpasbaarheid om jou koers soos nodig aan te pas. Dink aan hoe tegnologie, soos selfone en rekenaars, die manier waarop ons kommunikeer, inkopies doen en leef, verander het. Die GPS is ‘n wonderlike tegnologiese uitvinding, maar bestuurders was aanvanklik huiwerig om daarvan gebruik te maak. Dit het egter die ervaring om jou pad te vind terwyl jy bestuur, verander. Terwyl jy deur die veranderinge van die lewe navigeer: 1) Besef dat God in jou leef, deur jou werk en altyd jou beste belange op die hart dra (sien Filippense 2:13). 2) Reik uit na die nuutste gereedskap en tegnieke, of dit nou tegnologies is of ‘n nuwe benadering tot gesinslewe, dieet, oefening of spiritualiteit behels. Met ander woorde, maak gereed vir verandering.
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min