Woord vir Vandag - 26 Sep 2026

Loading player...
“Daar is ‘n vaste tyd vir alles, elke ding onder die son het sy tyd… Hy het alles mooi gemaak…” Prediker 3:1, 11 NLV
Maak gereed vir verandering (2)
In sy boek, Good to Great, vergelyk die sakeleier en skrywer Jim Collins die mega-kruidenierswinkel A&P, die grootste kleinhandelorganisasie ter wêreld in die 1950’s, met Kroger, ‘n klein, waardegebaseerde supermarkketting wat ook in die vyftigerjare floreer het. Beide maatskappye het besef dat die wêreld besig was om tegnologies te verander. Beide maatskappye het slim navorsing gedoen en gekwalifiseerde ontleders aangestel om te voorspel hoe hierdie veranderinge toekomstige besigheid sou beïnvloed. Hulle het elk tot die gevolgtrekking gekom dat gerief vir die kliënt van die allergrootste belang sou wees. Eenstop-inkopies sou al hoe belangriker word. Kroger het dus stappe gedoen om sy winkels by die nuwe ‘superwinkel’-strategie wat ons vandag as vanselfsprekend aanvaar, aan te pas. Benewens kos, het hulle begin om toiletware, voorskrifmedisyne, huishoudelike items en meer te verkoop. A&P het egter gekies om die bevindinge te ignoreer. Die resultaat? In 1999 het Kroger tagtig keer dié van sy eenmalige mededinger A&P se winste gegenereer en die nommer een plek in die mark oorgeneem. Daar is ‘n les hieruit te leer. Om dit wat jy in die lewe wil hê te bereik, kan jy nie bekostig om die tekens van verandering of die komende uitdagings te ignoreer nie. Om voor te gee dat iets nie gebeur nie, is bloot om in ontkenning te leef. Is jy dus gereed en gewillig om by verandering aan te pas wanneer dit opdaag? Is die tegnieke wat jy gebruik om verandering te hanteer proaktief en effektief? Soek jy God se leiding en seën? ‘Dit is tog die Here wat wysheid gee. Sy woorde gee kennis en insig’ (Spreuke 2:6 NLV).
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min