Woord vir Vandag - 28 Sep 2026

Loading player...
“En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet…” Romeine 8:28 NLV
God werk namens jou
Die Bybel begin met die volgende woorde: ‘In die begin het God die ganse heelal gemaak, die hemel daarbo en die aarde hieronder. Maar die aarde was n vormlose, onbewoonbare massa, en die diep waters was toegevou in duisternis. Tog het die kragtige, skeppende Gees van God oor die oppervlakte van die water gesweef. Toe beveel God: ‘Laat daar lig wees!’ en dit was so. Die lig was vir God goed…’ (Genesis 1:1-4 NLV). Selfs wanneer jou lewe soos ‘n deurmekaar gemors lyk, kan jy die God wat orde uit chaos en lig uit duisternis gebring het, vertrou om jou lewe weer sin te laat maak. Wanneer jy glo dat ‘…God alles ten goede laat saamwerk…’ (Romeine 8:28 NLV), herdefinieer dit die slegte dinge wat in jou lewe gebeur. Die slegste dag van jou lewe kan in die beste dag verander. Daar is ‘n silwer randjie om elke donker wolk, en elke nadeel het ‘n potensiële positiewe kant. Wanneer jy die lewe deur hierdie prisma interpreteer, gee dit jou vertroue dat alles goed gaan uitdraai. Dit verseker jou dat die beste nog voorlê, want God het gesê: ‘Ek weet wat ek vir julle beplan het… Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie…’ (Jeremia 29:11 NLV). Jy het egter soms ‘n rol om te speel. God maak goddelike afsprake, maar jy moet hulle nakom. God gee gawes, maar jy moet jou gawe aanwakker. God roep, maar jy moet antwoord (sien Jesaja 6:8). God rig jou voetstappe, maar jy moet met die Gees tred hou. As jy getrou jou deel doen, kan jy op God staatmaak om sy deel te doen – om namens jou te werk.
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min