Woord vir Vandag - 29 Sep 2026

Loading player...
“Hy gaan toe na iemand anders toe…” 1 Samuel 17:30 NLV
Hoe om ontmoedigende mense te hanteer
Die eerste persoon wat Dawid probeer ontmoedig het om teen Goliat te veg, was sy eie broer. ‘Maar Dawid se oudste broer het gehoor hoe hy met die manskappe praat en het kwaad geword. ‘Hoekom het jy hierheen gekom?’ vra hy. ‘En by wie het jy daardie klompie vee in die wildernis gelos? Ek ken jou domastrantheid en vermetelheid. Jy wil net die geveg sien!’ ‘Wat het ek dan nou gedoen?’ antwoord Dawid. ‘Ek het maar net ‘n vraag gevra!’ Hy gaan toe na iemand anders toe en vra dieselfde vraag en kry dieselfde antwoord’ (1 Samuel 17:28-30 NLV). Moenie in die strik trap om te veel aandag aan ‘n ontmoediger te gee nie. Bring jou tyd met diegene wat jou aanmoedig, nie afbreek nie, deur. Selfs koning Saul het vir Dawid gesê: ‘…Jy kan tog nie teen die Filistyn veg nie, want jy is nog maar ‘n seun, terwyl hy van jongs af ‘n vegter is!’ (vers 33 NLV). Dawid was egter nie bekommerd oor hoeveel ondervinding Goliat gehad het nie, want hy het geweet dat sy God almagtig is. Hoe tragies is dit wanneer ons ons geloof tot slegs dit wat ons kan sien, beperk. Deur te dink dat ons onvoldoende vir ‘n taak is, raak ons selfgesentreerd en fokus ons op ons eie vermoëns, eerder as op God. Hierdie onafhanklike ingesteldheid sluit God uit en ignoreer die feit dat Hy verklaar het dat sy krag in ons swakheid tot volle verwesenliking kom (sien 2 Korintiërs 12:9-10 NLV). Dawid se oudste broer se naam was ‘Eliab,’ wat ‘God is my vader,’ beteken. Hoe ironies, want hy het glad nie vertroue in God gehad nie. Om dus oorwinning te ervaar, moet jy dalk eers die twyfel en ongeloof van diegene naaste aan jou oorkom.
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min