Woord vir Vandag - 30 Sep 2026

Loading player...
“Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely…” Jakobus 5:16 NLV
Erken jou tekortkominge
Dit voel of daar vandag om elke hoek en draai iemand is wat ‘n verskoning vir sy of haar swak keuses, prestasie of gedrag maak, of versuim om hul swakhede of tekortkominge te erken. Tog maak ons almal foute. Een van die beste voorbeelde van iemand wat sy fout erken het, word in die verhaal van Dawid wat onregverdig deur koning Saul agtervolg is, gevind. Dawid het ‘n voortvlugtige geword en in die proses onwetend die lewens van sekere priesters in gevaar gestel toe hy hulle om hulp genader het. Agimelek, die priester, het hom kos en ‘n swaard gegee en God namens hom geraadpleeg. Doëg, koning Saul se hoofveewagter, het die hele ding aanskou. Saul het Agimelek gekonfronteer, hom daarvan beskuldig dat hy met Dawid saamgesweer het en Doëg beveel om hom en vyf-en-tagtig ander priesters en hul hele families dood te maak. ‘Net Abjatar, een van die seuns van Agimelek en kleinseun van Agitub, het weggekom en na Dawid toe gevlug. Toe hy vir Dawid vertel dat Saul al die priesters van die Here doodgemaak het, roep Dawid uit: ‘Ek het so gedink! Toe ek dié dag vir Doëg die Edomiet daar sien, het ek geweet hy sou vir Saul vertel. Ek het die dood van jou pa se hele familie veroorsaak’ (1 Samuel 22:20-22 NLV). Wat ‘n erkenning! Geen verskonings nie, net ‘n erkenning dat hy ‘n verskriklike fout gemaak het deur by hulle hulp te soek. Hy het hom egter daaraan verbind om nie die fout te herhaal nie en daarvoor probeer vergoed: ‘Bly hier by my en moenie bang wees nie. Die een wat jou wil doodmaak, wil my ook doodmaak. By my is jy egter veilig’ (1 Samuel 22:23 NLV). Mense maak foute. Hulle het blindekolle. Vrede vind plaas wanneer ons ons tekortkominge aan mekaar erken.
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min