Registrasie van sonkragstelsels: AfriForum waarsku oor heffings

Loading player...
AfriForum het kommer uitgespreek oor die nuwe konsepreëls van die energiereguleerder, Nersa, wat munisipaliteite en ander elektrisiteitsverspreiders kan dwing om registers van kleinskaalse sonkragstelsels te hou. Die organisasie waarsku die inligting kan later gebruik word om nuwe heffings in te stel vir huishoudings, boere en besighede wat sonkrag gebruik. Deidré Steffens van AfriForum sê die reguleerder moet verduidelik of die registrasiereëls wettig en nodig is:
18 Aug 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Drikus Coetzee beklink 2026 Rhino Run-oorwinning ná 2 800 km

Drikus Coetzee sê hy is moeg ná ’n moeilike laaste skof waarin hy deur reën en dik modder moes sukkel voordat hy Dinsdag as wenner van die 2026 Rhino Run oor die eindstreep gery het. Coetzee het die uitmergelende 2 800 kilometer-rit van Windhoek na Robert Sobukwe-dorp in net meer…
21 Oct 12AM 1 min

Otjizeka-laerskool kry N$100 000-veiligheidshupstoot

Die Otjizeka-laerskool in die noordweste van die land het ’n veiligheidshupstoot gekry nadat ultimate.earth en bewaringsvennote byna 100 000 Namibiese dollar belê het om leerders te beskerm, terwyl woestynaangepaste leeus deur die omliggende landskap beweeg. Tristan Cowley, besturende direkteur van ultimate.earth, sê die inisiatief het ten doel om kinders se…
21 Oct 12AM 1 min

Beheerheining sleutel tot bek-en-klouseerbeheer

Namibië se tweejaar-spertyd om die bek-en-klouseer-uitbreking onder beheer te bring, begin sodra die beheerheining van Klein Manasse tot by die Visrivierkloof voltooi is. Die uitbreking is op 23 September in die Karasburg-distrik van die //Kharas-streek aangekondig. Die ministerie van landbou het bevestig dat daar op 18 plase in die streek…
21 Oct 12AM 1 min

Ontleder eis aanspreeklikheid oor tradisionele fondse

Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah sê tradisionele owerhede moet aan konsekwente standaarde van deursigtigheid en aanspreeklikheid voldoen wanneer staatsfondse gebruik word. Dit volg op ’n waarskuwing deur die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, teen die wanbestuur van openbare fondse deur tradisionele leiers. Die kwessie kom te midde van…
21 Oct 12AM 1 min

President Nandi-Ndaitwah terug in Windhoek ná staatsbesoek aan Angola

President Netumbo Nandi-Ndaitwah is terug in Windhoek ná ’n driedaagse staatsbesoek aan Angola. Die presidensiële woordvoerder, Jonas Mbambo, sê die eerste vergadering van die Angola-Namibië Bi-nasionale Kommissie dui op ’n historiese verskuiwing van diplomatieke betrekkinge na praktiese ekonomiese samewerking. Hy sê Nandi-Ndaitwah se besoek het tot ooreenkomste op die gebiede…
21 Oct 12AM 1 min