Suikerrietwerkers hervat staking hoofsaaklik in KZN

Loading player...
Lede van die Voedsel- en Geallieerde Werkersvakbond, Fawu, in die suikervervaardigings- en -raffineringsbedryf het hul staking hervat ná ʼn dooiepunt in salaris-onderhandelings. Honderde werkers, hoofsaaklik in KwaZulu-Natal en ander suikerriet-streke, het hul poste by meulens en verwante bedrywighede verlaat. Die vakbonde Fawu, Amcu en die United Association of South Africa eis onder meer ʼn algemene salarisverhoging van 13-persent plus 1 500 Suid-Afrikaanse rand behuisingsubsidie. Fawu-woordvoerder Dominique Martin sê werkgewers bied 5,4-persent aan:
18 Aug 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Winterreën bring verligting vir Suide-boere

Onlangse winterreën in die//Karas-streek verlig droogtetoestande vir boere en grondeienaars in suidelike Namibië, al was dit bitter koud. Dolf de Wet van die White House Guest Farm op plaas Michberg naby Grünau, sê die reënval het waterbronne en flora regoor die distrik 'n hupstoot gegee. Hy sê die reën bring…
18 Aug 6AM 1 min

Ouers los baba in shebeen: Meer maatskaplike werkers nodig

Reaksie word ontvang op die inhegtenisneming van 'n 34-jarige vrou van Mariental op aanklagte van kinderverwaarlosing, terwyl die polisie steeds na haar lewensmaat soek. Die paartjie het na bewering hul vier maande oue baba Donderdag na 'n bakleiery by 'n shebeen gelos, terwyl hul ander kind ook uit hul sorg…
18 Aug 6AM 1 min

All Blacks se Rennie gesels oor Saterdag

All Black-afrigter Dave Rennie verwag die Springbokke sal Saterdag op Ellispark aanhoudende druk op die besoekers plaas met hul kragtige vaste fasette om foute af te dwing. Die All Blacks gaan die eerste toets met selfvertroue tegemoet na oorwinnings oor die Stormers, Haaie en Bulle. Saula Ma'u het Ollie Norris…
18 Aug 5AM 1 min