
Sersant gebruik glo polisiedokumente in bedrogspul
Loading player...
Die Madlanga-kommissie het gehoor die geskorste polisiesersant Fannie Nkosi het 'n demonstrasie gereël van selfoonnasporings-tegnologie en steuringstegnologie van die Tsjeggiese maatskappy InvaSys. Die hoof-getuienisleier, Matthew Chaskalson, sê WhatsApp-bewyse betrek Nkosi, die sakelui Steve Motsumi en Katiso Molefe en die vermoorde taxibaas Mswazi Msibi, wat voorgegee het om die regering te verteenwoordig. Chaskalson en kommissaris Sandile Khumalo het kommer uitgespreek oor Nkosi se beweerde gebruik van polisiedokumente om bedrog te vergemaklik:

