Okh-inwoners eis beter kommunikasie van polisie

Loading player...
Jane Lausie, voorsitter van die "Stop the Violence"-groep in Okahandja, beklemtoon dat inwoners deursigtigheid, gereelde opdaterings en die versekering nodig het dat hoëprofielsake steeds 'n prioriteit is, en dat die polisie alles in hul vermoë doen om misdade op te los. Dit volg op 'n beroep wat sy onlangs tydens 'n gemeenskapsvergadering met die dorp se polisie gedoen het. Sy het daarop aangedring dat sake rakende drie meisies wat verlede jaar tussen April en Mei in die dorp verkrag en vermoor is, as 'n dringende prioriteit hanteer word, met duidelike tydskedules en gereelde terugvoer aan die publiek. Sy praat met Kosmos 94.1 Nuus:
19 Aug 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Beheerheining sleutel tot bek-en-klouseerbeheer

Namibië se tweejaar-spertyd om die bek-en-klouseer-uitbreking onder beheer te bring, begin sodra die beheerheining van Klein Manasse tot by die Visrivierkloof voltooi is. Die uitbreking is op 23 September in die Karasburg-distrik van die //Kharas-streek aangekondig. Die ministerie van landbou het bevestig dat daar op 18 plase in die streek…
21 Oct 12AM 1 min

Ontleder eis aanspreeklikheid oor tradisionele fondse

Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah sê tradisionele owerhede moet aan konsekwente standaarde van deursigtigheid en aanspreeklikheid voldoen wanneer staatsfondse gebruik word. Dit volg op ’n waarskuwing deur die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, teen die wanbestuur van openbare fondse deur tradisionele leiers. Die kwessie kom te midde van…
21 Oct 12AM 1 min

President Nandi-Ndaitwah terug in Windhoek ná staatsbesoek aan Angola

President Netumbo Nandi-Ndaitwah is terug in Windhoek ná ’n driedaagse staatsbesoek aan Angola. Die presidensiële woordvoerder, Jonas Mbambo, sê die eerste vergadering van die Angola-Namibië Bi-nasionale Kommissie dui op ’n historiese verskuiwing van diplomatieke betrekkinge na praktiese ekonomiese samewerking. Hy sê Nandi-Ndaitwah se besoek het tot ooreenkomste op die gebiede…
21 Oct 12AM 1 min

ACDP vra brandstofverligting te midde van lewenskostedruk

Die ACDP is versigtig optimisties dat die mediumtermyn-begrotingsverklaring goeie nuus sal inhou, veral rakende die land se skuldvlakke, met inkomste-invordering wat na verwagtig voorspellings sal klop. Finansminister Enoch Godongwana sal vandag die regering se fiskale beleid vir die volgende drie jaar uiteensit, insluitend inkomste- en uitgawe-prestasie. Steve Swart van ACDP…
20 Oct 11PM 1 min

NamPol soek hulp in Danelize Majiedt-saak

NamPol vra die publiek se hulp om beddegoed en inkopiesakke te identifiseer wat gevind is met die oorskot van die 27-jarige Danelize Majiedt, wie se vermeende moord ondersoek word. Majiedt is op 30 Augustus as vermis aangemeld, en haar oorskot is op 5 Oktober langs 'n leivoor langs Daan Viljoenweg,…
20 Oct 11PM 1 min