
Zim-veerbootramp: Minstens 168 op 90-kapasiteit vaartuig
Loading player...
Die dodetal in Zimbabwe se Karibameer-veerbootramp het tot 94 gestyg, terwyl duikers voortgaan met soek- en herwinningspogings. Die veerboot wat verlede week omgeslaan het, het plek vir 90 passasiers gehad, maar in werklikheid was daar minstens 168 mense aan boord. Sewe-en-sewentig mense is gered in die land se dodelikste vervoerramp ooit. Zimbabwe se minister van Plaaslike Regering en Openbare Werke, Daniel Garwe, sê die tragedie is veroorsaak deur die nalatigheid van die oorlede veerbootkaptein:

