Manamela kry sperdatum oor Nsfas

Loading player...
Die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, het die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, tot 1 November tyd gegee om ʼn reddingsplan voor te lê vir die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente. ʼn Ondersoek deur die Openbare Beskermer het onthul sowat 40 000 studente by 76 hoëronderwys-instellings is onbehoorlik befonds teen ʼn koste van 5,1-miljard Suid-Afrikaanse rand. Dit is ten spyte van ʼn toekenning van 3-miljard-rand tussen 2024 en 2027 om die sogenaamde vermiste middel te ondersteun. Gcaleka sê die skema het ʼn behoorlike befondsingsmodel nodig:
19 Aug 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Okh-polisie aangesê om hulle sokkies op te trek

Okahandja se adjunkburgemeester, Akser Aupindi, het die belangrikheid van leiers se teenwoordigheid in gemeenskappe beklemtoon, en die dorp se polisie gevra om hul sokkies op te trek en te verseker dat die gemeenskap terugvoer kry oor sake. Dit moet gebeur selfs in gevalle waar ondersoekbesonderhede nie volledig bekend gemaak kan…
19 Aug 5AM 1 min

AfriForum en March and March stig werksgroep

Die voorspraakgroepe AfriForum en March and March het ooreengekom om regsake van gemeenskaplike belang gesamentlik aan te pak en mekaar te ondersteun oor kwessies rondom die oppergesag van die reg, die stryd teen misdaad en onwettige migrasie. Die leierskap van die twee groepe het gister vergader. AfriForum se uitvoerende hoof,…
19 Aug 3AM 1 min

IPC-leierskap is op streeksbesoek

Die IPC-leierskap is tans op streeksbesoek om sy voetsoolvlak-strukture te versterk, kiesafdeling-uitvoerende komitees te verkies en interne bestuursraamwerke voor te berei. Kosmos 94.1 Nuus het met die IPC-visepresident Trevino Forbes gepraat wat die Hardap-streek besoek het. Hy sê dat die huidige streeksuitreik fokus op die bou van volhoubare plaaslike leierskap…
19 Aug 3AM 1 min

Nuwe energiebeleid sal SA-verbruikers beskerm

Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê die nuwe elektrisiteitsprysbeleid sal beskerming vir arm en kwesbare verbruikers versterk en elektrisiteitsrekeninge meer deursigtig maak. Die minister sê munisipale en Eskom-rekeninge sal ontbondel word, wat aan verbruikers sal wys presies hoe koste bereken word. Rekeninge sal elektrisiteitsopwekking, transmissie- en verspreidingskoste,…
19 Aug 3AM 1 min

Trustco-direksie bly in plek na tweede poging deur Riskowitz

Vir die tweede keer in ses maande het 'n poging deur die Amerikaanse maatskappy Riskowitz om die direksie van Trustco Group Holdings te verwyder en te vervang, misluk. Die eerste een is in Februarie deur Riskowitz Value Fund aangevra, en die jongste deur Riskowitz Capital Management. Elke substantiewe resolusie wat…
19 Aug 3AM 1 min