
Farmers Meat: Harde hou vir skaapboere, maar geleentheid met fasiliteit
Loading player...
Die aankondiging deur Ohlthaver en List dat die Farmers Meat Mariental-abattoir permanent op 30 September sal sluit, het die skaapprodusente hard getref. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van die LPO, Jako van Wyk, gepraat wat sê die sluiting van die abattoir sal 'n beduidende impak op die sektor hê, aangesien dit die enigste abattoir was wat skaap-produkte na winsgewende markte kon uitvoer.

