In hierdie week se episode van Wiele2Wiele stel iCAUR sy splinternuwe V27 bekend en hulle gaan ry ook met die Tata Osprey. Carl en Jeanettse se oudste Zian, wat pas matriek voltooi het, vertel jou meer van die gespesialiseerde en gevorderde MasterDrive-bestuurdersopleidingsprogram wat hy onlangs voltooi het. Hulle maak jou…
Hierdie week vir Wiele2Wiele, onthul MG Motor SA verskeie nuwe modelle en tegnologie - van ’n sewesitplek-vlagskip-sportnuts tot dubbelkajuitbakkies. Vir die tegniese wenk, verduidelik hulle wat al die syfers en letters op ’n oliehouer beteken en dan is daar ook motorsportaksie. Die afgelope naweek was die laaste ronde van die…
Hierdie week vir Wiele2Wiele ervaar hulle Audi se spliternuwe premium Q5-reeks en gaan ry met ’n geel AA-bakkie wat op gas loop. Hulle hoor hoe sake verloop het by die tydren in Dullstroom en kyk hoe van Suid-Afrika se motorfietsrenjaers hulle op die wêreldverhoog laat geld.
Vir hierdie week se episode van Wiele2Wiele skop hulle af met die laaste ronde van die Nasionale Tydrenkampioenskap, wat hierdie komende naweek in Dullstroom plaasvind. Vir die padtoets van die week neem hulle jou saam op ’n toetsrit met die Jetour X70 Plus.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.