GRN moet dieper in sak krap vir behuisingskrisis

Loading player...
Namibië se behuisingskrisis verdiep, en huiseienaarskap word toenemend 'n luukse wat buite die bereik van gewone werkers lê. KosmosKapitaal berig dat vir elke Namibiese begrotingsdollar is die regering bereid om net twee sent op behuising te bestee. 'n Nuwe verslag deur Simonis Storm dui daarop dat 'n werker nou ongeveer 44 000 Namibiese dollar per maand moet verdien om 'n verband van daardie grootte te kan bekostig. Kosmos 94.1 Nuus het met Mike Kavekotora, die voormalige uitvoerende hoof van die Nasionale Behuisingsonderneming gepraat; hy sê die boukoste van 'n huis is een van die hooffaktore wat pryse buite die bereik van baie Namibiërs stoot.
3 Sep 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Swakopmund maan inwoners ná brand tien huise vernietig

Die Swakopmund-munisipaliteit doen ’n beroep op inwoners van informele nedersettings om uiters versigtig te wees met oop vlamme, oorlaaide kragproppe en brandende kerse ná ’n brand wat onlangs tien sinkhuise in die DRK-nedersetting vernietig het. Munisipale woordvoerder Linda Mupupa het bevestig dat geen beserings onder die 25 ontheemde inwoners aangemeld…
20 Oct 6AM 1 min

Begrotingstekort kan tot 6,5 persent styg

Die komende middeljaar-begrotingshersiening mag dalk die regering se plan vir fiskale konsolidasie bevestig, maar die syfers vertel ’n ander verhaal. Almandro Jansen, ’n ekonoom by Simonis Storm, waarsku dat staatsinkomste tekortskiet en staatskuld toeneem. Dit kan die begrotingstekort tot 6,5 persent van die BBP laat styg, teenoor die begrote 5,5…
20 Oct 6AM 1 min

Rou vleis en vee mag onder beheer suid van Rooilyn beweeg

Die ministerie van landbou het sy veeartsenykundige regulasies opgedateer om die beheerde beweging van rou vleis en vee suid van die Rooilyn toe te laat. Woordvoerder Romeo Muyunda het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat rou vleis van geregistreerde fasiliteite nou die ||Kharas-streek kan binnekom, terwyl voerkraalbeeste wat vir 30…
20 Oct 6AM 1 min

Nandi-Ndaitwah maan Afrika-parlemente oor aanspreeklikheid

Afrika-parlemente word aangemoedig om wetgewing te prioritiseer wat mense se lewens verbeter en aanspreeklikheid in die regering versterk. Tydens ’n toespraak voor Angola se Nasionale Vergadering in Luanda het president Netumbo Nandi-Ndaitwah gesê parlementslede se verantwoordelikheid strek verder as om bloot hul kiesers te verteenwoordig. Sy het beklemtoon dat wetgewing,…
20 Oct 6AM 1 min

Trump blameer immigrante vir onluste in Frankryk

Die Amerikaanse president Donald Trump sê immigrante is die oorsaak van die vlaag betogings en geweld in Frankryk. Die betogings het verlede maand begin met studente wat beter toestande in skole eis, maar het intussen uitgebrei om ontevredenheid oor stygende brandstofpryse en lewenskoste in te sluit. Die Franse president, Emmanuel…
20 Oct 5AM 1 min