Dink jouself gelukkig!

Loading player...
13 September is Dink-positief-dag – ’n goeie geleentheid om ’n bietjie stil te staan by die krag van ons denke. Ons kan nie altyd kies wat met ons gebeur nie, maar ons kan leer om anders te kyk na dit wat met ons gebeur. En dit is presies waaroor Pieter van Jaarsveld se boek Dink jouself gelukkig gaan: die idee dat geluk nie noodwendig iets is wat ons buite onsself moet gaan soek nie, maar dat ons ingesteldheid ’n enorme rol speel in hoe ons die lewe ervaar.
11 Sep 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

VERSKILMAKERS: ARC

Vir mense wat uit moeilike en traumatiese omstandighede kom, kan die pad na herstel lank wees – maar om weer ’n doel, vaardighede en onafhanklikheid te vind, kan ’n belangrike deel van daardie proses wees. Die Arise Restoration Centre is besig om juis dit prakties aan te pak met ’n…
15 Oct 5AM 8 min