Woord vir Vandag - 1 Okt 2026

Loading player...
“Maar dié wat hulle hoop op die Here stel, sal hulle krag terugkry…” Jesaja 40:31 NLV
Neem tyd vir rus en herstel
Wanneer jy moeg voel, sê dit vir jou: 1) dat jou liggaam rus nodig het, 2) dat jy die lewe teen ‘n stadiger tempo moet benader, en 3) dat jy tyd moet neem om in die teenwoordigheid van God te vertoef. God het op die sewende dag gerus (sien Genesis 2:2). God - die Een wat alle dinge oortref, alle dinge weet en alle mag het - het gerus! Wat laat jou dink dat jy nie rus nodig het nie? As jy daaraan gewoond is om altyd aan die gang te wees, sal dit moeilik wees om selfs vir ‘n paar uur nie te werk nie. Rus is egter ‘n geheime wapen wat God jou gegee het om jou te help om die vyand te verslaan. Wanneer jy uitgeput is, is jy van min nut vir God of enigiemand anders. Dit is een van die hoofredes waarom Satan jou hiernatoe en daarnatoe laat hardloop. As hy jou nie met verslawing, verkeerde verhoudings en slegte gewoontes kan versoek nie, sal hy jou met ‘n besige skedule versoek. Hy wil hê jy moet jouself uitput sodat wanneer die ware stryd aanbreek, jy te moeg sal wees om weerstand te bied. Johannes het geskryf: ‘…ek hou aan bid dat dit in alle opsigte met jou goed mag gaan en dat jy nét so gesond sal wees soos dit geestelik goed met jou gaan’ (3 Johannes 2 NLV). Jou siel floreer nie wanneer jy uitgeput en in alle rigtings getrek word, met min tyd vir rus of herstel, nie. Wat staan jou dus te doen? Lê jou skedule, insluitend enige nuwe projekte, voor Jesus se voete neer. Wag vir sy leiding. Staan op die volgende Skrifgedeelte: ‘Maar dié wat hulle hoop op die Here stel, sal hulle krag terugkry…’
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min