Woord vir Vandag - 2 Okt 2026

Loading player...
“…Ek wil dit vir jou doen. Word gesond!...” Matteus 8:3 NLV
God kan jou genees (1)
Die Bybel sê: ‘Daar kom toe onverwags ‘n melaatse nader en val voor Jesus neer met die woorde: ‘Here as U wil, kan U my gesond maak.’ Daarop steek Jesus sy hand na hom toe uit, raak hom aan en sê: ‘Ek wil dit vir jou doen. Word gesond!’ En dadelik het sy melaatsheid verdwyn’ (verse 2-3 NLV). God wil nie hê dat ons deur die lewe moet gaan en wonder of dit sy wil is om ons te genees nie. Daarom het Hy genadiglik sy Woord aan ons gegee. Dawid het gesê: ‘Here my God, ek het na U geroep om hulp en U het my gesond gemaak. Here, U het my gered van die doderyk…’ (Psalm 30:3-4 NLV). God is so ernstig oor ons genesing dat Hy dit met Jesus se dood aan die kruis verbind het. ‘Hy het self ons sondes in sy liggaam weggedra kruis toe. Só is ons vry van die sonde. Nou kan ons lewe omdat God ons verhouding met Hom herstel het. Deur sý verwonding is julle genees!’ (1 Petrus 2:24 NLV). Ons twyfel nie aan Christus se triomf oor die dood aan die kruis of ons verlossing daardeur nie. Ons moet ook nie die Vader se wil om ons te genees, betwyfel nie. Vanuit God se perspektief is alles wat vir jou genesing nodig is, reeds aan die kruis volbring. Hierdie melaatse man het geweet dat Jesus hom kon genees; hy het net nie geweet of Hy sou nie. Jesus het sy twyfel met twee kragtige sinne uit die weg geruim: ‘…Ek wil dit vir jou doen. Word gesond!’ (Matteus 8:3 NLV). Die Bybel sê: ‘Jesus Christus bly steeds dieselfde – gister, vandag en vir altyd!’ (Hebreërs 13:8 NLV). Dit beteken dat jy met vertroue na Hom toe kan gaan en Hom glo vir jou genesing.
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min