Woord vir Vandag - 3 Okt 2026

Loading player...
“Hy vergewe al jou sondes, en genees al jou siektes.” Psalm 103:3 NLV
God kan jou genees (2)
Die Psalmdigter het geskryf: ‘Ek wil die Here prys en nie sy goeie dade vergeet nie. Hy vergewe al jou sondes, en genees al jou siektes. Hy verlos jou van die dood, bekroon jou met liefde en medelye’ (verse 2-4 NLV). Dawid het homself aan hierdie vier dinge herinner. Jy moet dit ook doen. God het al sy sondes vergewe. God het al sy siektes genees. God het sy lewe verlos van die dood en vernietiging. God het hom met liefde, vriendelikheid, barmhartigheid en guns gekroon. Die Bybel sê: ‘’n Groot skare het met hulle verlamdes, blindes, kreupeles, stommes en nog baie ander siekes na Jesus toe gekom en hulle voor Hom neergesit. En Hy het hulle gesond gemaak’ (Matteus 15:30 NLV). Was dit wedergebore Christene wat Jesus genees het? Nee, dit was voor die kruis plaasgevind het. Dink daaraan: as Jesus bereid was om hulle almal te genees, dan kan Hy jou, wat ‘n verloste kind van God is en wat jou vertroue in Christus vir verlossing geplaas het, ook genees. Is jy ‘n gelowige? Ja? Lees dan hierdie Skrifgedeelte en staan daarop: ‘Hierdie is die wondertekens wat dié sal beleef wat glo:.. Hulle sal siekes die hande oplê, en hulle sal gesond word’ (Markus 16:17-18 NLV). Jakobus het geskryf: ‘Is daar van julle wat siek is? Dan moet julle die ouderlinge van die gemeente laat kom. Nadat die ouderlinge die siekes met olyfolie in die Naam van die Here gesalf het, moet hulle vir hulle bid. En ‘n gelowige gebed sal die siek mens gesond laat word; die Here sal hom laat opstaan…’ (Jakobus 5:14-15 NLV). As jy siek is, staan op God se Woord en glo dat Hy jou sal genees.
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min