Woord vir Vandag - 4 Okt 2026

Loading player...
“…as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.” Galasiërs 6:9 NLV
God kan jou genees (3)
Genesing kan op verskillende maniere plaasvind. Soms verrig God ‘n wonderwerk en genees iemand onmiddellik. Ander kere genees Hy iemand progressief. Wanneer ons na die Skrif kyk en die vele wonderwerke wat Jesus verrig het, is dit maklik om te dink dat Hy mense altyd op dieselfde manier genees het. By nadere ondersoek sien ons egter dat Hy in baie gevalle nie twee keer dieselfde opgetree het nie. 1) In Matteus 9:29 het Jesus twee blinde mans genees deur bloot aan hulle oë te raak. 2) In Markus 10:52 het Hy die blinde Bartimeus genees deur met hom te praat, eerder as om hom aan te raak. 3) In Markus 8:22-25 het Hy speeksel aan ‘n blinde man se oë gesmeer en hom twee keer die hande opgelê voordat hy heeltemal genees was. Jesus was nie aan een metode om mense te genees gebonde nie - maar Hy was altyd bereid om hulle te genees. Ongeag die metode, het die ontvangers konsekwent geloof in sy vermoë om te genees en bereidwilligheid om sy krag namens hulle vry te stel, getoon. Dieselfde is vandag ook waar! As jy vir genesing gebid het en niks gebeur onmiddellik nie, beteken dit nie dat jou geloof wankel nie. Dit beteken ook nie dat God kwaad is vir jou of dat Hy wil hê jy moet ly nie. Dit beteken net dat dit tyd is om God te dank dat jy in sy belofte kan glo en dat jy dag vir dag progressief beter word: ‘…Deur sý verwonding is julle genees!’ (1 Petrus 2:24 NLV). Dit beteken om te glo dat dit wat reeds in die geestelike ryk bereik is, uiteindelik in die fisiese ryk sal manifesteer. Vanuit God se perspektief is jou genesing reeds gekoop en betaal.
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min