Woord vir Vandag - 5 Okt 2026

Loading player...
“Hulle by wie op die goeie grond gesaai is, is dié wat die boodskap hoor en verstaan. Hulle dra vrug en bring ‘n oorvloedige oes voort…” Matteus 13:23 NLV
God kan jou genees (4)
Net omdat jy nog nie resultate gesien het nie, beteken nie dat jou gebed nie verhoor word nie. Die Woord van God is ‘n saad; dit het tyd nodig om vrugte te dra. Vra God vir die genade om aan dit wat jy glo uit sy Woord vas te hou, terwyl dit wortel skiet en groei. Ongeag die situasie, is dit altyd ‘n goeie tyd om dankbaar te wees. Satan wil hê dat jy op jou omstandighede en wat onveranderd lyk, moet fokus, in plaas daarvan om God te dank vir die deel van jou lewe wat beter geword het. Terwyl jy in geloof staan en die Woord toelaat om binne-in jou te werk, moet jy aanhou om oor die beloftes van God wat oor genesing handel, te mediteer. God se Woord werk wanneer jy dit in jou hart plant. Hou aan om daardie saad nat te gooi deur God se beloftes oor jou lewe te spreek. God het gesê: ‘Reën en sneeu kom uit die hemel, en dit gaan nie daarheen terug nie. Dit maak die aarde nat om die plante te laat bot en vrugte te laat dra, sodat daar saad is om te saai en brood om te eet. Net so is dit met die woord wat uit my mond kom. Dit sal nie leeg na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek verwag en die doel bereik waarvoor Ek dit gestuur het’ (Jesaja 55:10-11 NLV). Hou jou geloof sterk en staan vas op God se Woord: ‘Tog is ek daarvan oortuig: Die Here se goedheid sal ek sien hier in die land van die lewendes’ (Psalm 27:13 NLV).
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min