Woord vir Vandag - 7 Okt 2026

Loading player...
“Luiaards begeer baie dinge, maar hulle kry dit nie. Mense wat hard werk, het meer as wat hulle kan begeer.” Spreuke 13:4 NLV
Die beloning vir visie en harde werk
In die herfs van 1894 het Guglielmo hom in sy kamer op die derde verdieping afgesonder. Die hele somer terwyl hy met vakansie was, het hy boeke gelees en notaboeke met kronkelende diagramme vol geskryf. Nou het die tyd vir hom aangebreek om te werk. Elke dag het hy vroeg opgestaan. Hy het heeldag en tot laat in die nag gewerk, soveel so dat sy moeder bekommerd oor hom begin raak het. Hy was nog nooit ‘n sterk persoon nie, maar nou het hy verskriklik maer geword en sy oë was dikwels glaserig van moegheid. Uiteindelik het die dag aangebreek om sy werk ten toon te stel. Hy het die gesin na sy kamer genooi en deur ‘n knoppie te druk, het hy daarin geslaag om ‘n klokkie op die eerste verdieping te laat lui! Sy ma was beïndruk, maar nie sy pa nie. Hy het geen nut daarin gesien om ‘n sein oor so kort afstand te kan stuur nie. Dus het Guglielmo aanhou werk. Bietjie vir bietjie het hy veranderinge aangebring totdat hy ‘n sein van een heuwel na die volgende en dan selfs verder as die heuwel kon stuur. Uiteindelik is sy uitvinding vervolmaak - deels danksy visie en inspirasie, maar meestal danksy deursettingsvermoë. Guglielmo Marconi is uiteindelik as die uitvinder van draadlose telegrafie, die voorloper van die radio, beskou. Hy het nie net ‘n Nobelprys vir fisika ontvang nie, maar ook ‘n setel in die Italiaanse senaat verwerf. As jy wil hê wat suksesvolle mense het, moet jy bereid wees om te doen wat suksesvolle mense doen. 99 persent van hul sukses is egter aan visie en harde werk te danke. ‘Luiaards begeer baie dinge, maar hulle kry dit nie. Mense wat hard werk, het meer as wat hulle kan begeer.’
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min