Woord vir Vandag - 8 Okt 2026

Loading player...
“…Al is ons uiterlike mens besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe.” 2 Korintiërs 4:16 NLV
Oorwinning is ‘n ‘inside job’
In 1928 is ‘n gelukkige, ambisieuse jong verpleegstudent met tuberkulose gediagnoseer. Destyds het so ‘n diagnose dikwels ‘n doodsvonnis beteken. Haar familie het haar vir ‘n paar maande na ‘n sanitorium gestuur in die hoop dat sy genees sou word. Sy was egter bestem om vir die volgende een-en-twintig jaar in die bed te bly! Baie mense sou moed opgegee het, maar nie Isabel Smith nie. Sy was ‘n paar keer op die drumpel van die dood, maar haar geloof het sterk gebly en sy het nooit opgehou om positief en met ywer te leef nie. Sy het gulsig gelees, briewe geskryf, aardrykskunde bestudeer en ander pasiënte leer lees en skryf. Terwyl sy siek was, het sy ‘n vriendelike, sagte man ontmoet wat ook ‘n pasiënt by die sanatorium was. Sy het daarvan gedroom om met hom te trou en in ‘n klein huisie aan die voet van die berge te bly. Op haar laagste het haar droom haar aan die gang gehou. Sy is in 1948 getroud. Sy het toe ‘n boek met die titel ‘Wish I Might’ geskryf, wat in 1955 gepubliseer is. Die boek het gehandel oor ‘al die goeie dinge wat die lewe my gebring het’, en sy het genoeg geld daaruit verdien om die bergtoevlugsoord waarvan sy gedroom het, te koop. ‘n Tragiese lewe? Glad nie! Isabel Smith het alles bereik wat sy wou, alhoewel die kanse teen haar oorweldigend was. Selfs toe sy plat op haar rug in die bed gelê het, het sy nooit ophou groei, leer, droom en gee nie. ‘…Al is ons uiterlike mens besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe.’ Oorwinning is ‘n ‘inside job.’
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min