Woord vir Vandag - 9 Okt 2026

Loading player...
“…Hy het die vloek in ‘n seën verander omdat die Here jou God jou liefhet.” Deuteronomium 23:5 NLV
God kan die vloek in ‘n seën verander
Paulus het vir die Korintiërs gesê: ‘Om hierdie rede gee ons nie moed op nie… Ons swaarkry… bewerk vir ons ‘n heerlikheid…’ (2 Korintiërs 4:16-17 NLV). Jim Stovall het bewys dat dit waar is. Op sewentienjarige ouderdom het sy dokter vir hom gesê dat hy besig is om sy sig te verloor en dat daar niks gedoen kan word om dit om te keer nie. Eerder as om in sak en as te gaan sit, het hy ‘n universiteitsgraad bekom en ook privaat by ‘n baie suksesvolle entrepreneur gestudeer. Sy doelwit was om vir homself ‘n besigheid te bou, selfs al was hy blind, sodat hy sy eie loopbaan en lewe kon bestuur. Alhoewel hy homself vir blindheid voorberei het, het hy verpletter gevoel toe die dag aanbreek dat hy nie meer kon sien nie. In sy boek, ‘You Don't Have to Be Blind to See’, het hy geskryf: ‘Al wat ek wou doen, was om in my sitkamer te sit en na musiek te luister.’ Jim het egter diep in sy geloof gedelf en gesê: ‘God het my innerlike oë vir ‘n nuwe idee oopgemaak.’ Hy het ‘n hoogs ongewone veld vir ‘n blinde persoon betree - televisie! Hy het die Narrative Television Network (NTN) gestig om gesiggestremde mense te help. NTN voeg ‘beskrywende vertellings’ by klankbane, sodat luisteraars ‘n program of film kan visualiseer en dit meer kan geniet. NTN saai na meer as 20 miljoen huishouding uit en verbasend genoeg kan sowat 60 persent van hulle gehoor sien. Vir sy werk het Jim televisie se hoogste eerbewys, die Emmy-toekenning, na slegs een seisoen op die lug ontvang! Die woord vir vandag is dus: God kan jou probleem vir jou bewerk en ‘n ‘…vloek in ‘n seën verander…’
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min