Woord vir Vandag - 10 Okt 2026

Loading player...
“Maar as julle teen mense diskrimineer, doen julle sonde…” Jakobus 2:9 NLV
Waak teen vooroordeel
Jakobus het vir die kerk geskryf: ‘Gestel daar kom iemand in julle samekoms in met duur juwele en baie mooi klere aan, en daar kom terselfdertyd ook iemand in wat brandarm is en verslete klere aanhet. As julle dan ‘n ophef maak van die persoon met die deftige klere, en julle sê vir hom: ‘U moet asseblief hier gemaklik kom sit,’ maar vir die arm man sê julle: ‘Jy kan maar daar anderkant gaan sit,’ of: ‘Kom sit hier op die vloer,’ sal julle nie toegee dat julle diskrimineer en mense op grond van verkeerde bewegings beoordeel nie?.. as julle teen mense diskrimineer, doen julle sonde…’ (verse 2-4; 9 NLV). Die vroeë kerk het vinnig gegroei omdat daar geen plek vir vooroordeel was nie. Alhoewel die Jode en Samaritane mekaar verag het, het Jesus ‘n plek vir Nikodemus, ‘n Joodse leier, en vir die nie-Joodse vrou by die put wat vyf keer getroud was, gemaak. Die vroeë kerk het plek vir Onesimus, die voormalige slaaf, aan dieselfde tafel as Filemon, sy welgestelde voormalige meester, gemaak. Die evangelie gee almal, oral, ‘n plek van waardigheid aan Christus se tafel. Diskriminasie behoort geen plek in jou lewe te hê nie. Die profeet Habakuk het in sy uitkyktoring geklim om te ‘…wag om te sien wat die Here vir my gaan sê…’ (Habakuk 2:1 NLV). Te veel van ons Christelike ervaring gaan daaroor om iets vir God te sê en te min tyd word bestee om te luister na wat God vir ons sê. Hy het beslis iets vir ons oor diskriminasie te sê. Vra Hom dus om jou te help om mense deur sy liefdevolle oë te beskou. Jy mag dalk net ‘n paar mense anders as in die verlede sien.
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min