Woord vir Vandag - 11 Okt 2026

Loading player...
“Elkeen moet gee soos hy in sy hart besluit het…” 2 Korintiërs 9:7 NLV
Maak God by jou finansies betrokke
God kan op die kantlyn sit en kyk hoe jy finansieel sukkel, of as jou finansiële vennoot aktief betrokke raak. Dit hang alles af van watter soort rentmeester jy is. Jou finansies is nog ‘n area van die lewe waar jy ‘n interaktiewe verhouding met jou hemelse Vader kan begin bou. As jy egter wil hê dat God by jou finansies betrokke moet wees, moet jy jou finansies vir God se belange aanwend. ‘Nee, maak eers die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle heel eerste prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge as ‘n bonus byvoeg’ (Matteus 6:33 NLV). Dit beteken dat jy moet gee. Jy kan begin met dit wat Hy jou reeds gegee het. Dit kan ‘n persentasie van jou volgende maand se salaris of ‘n deel van jou netto waarde wees. Jy moet volg waarheen die stem van vrygewigheid jou ook al lei. Dit gaan egter nie daaroor om te gee net sodat jy kan kry nie. Dit gaan daaroor om die vrese wat die gees van vrygewigheid binne-in jou belemmer, te neutraliseer. Dit gaan daaroor om die opwinding te ontdek om aan God se plan deel te neem en die sekuriteit te ervaar wat uit die wete dat jou voorsiener die Een is wat alles besit, voortspruit. ‘God wat saad voorsien aan die saaier en dan brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat toeneem en die vrugte van julle goedhartigheid lieflik laat groei. In elke opsig sal julle ryk gemaak word om ook by elke geleentheid vrygewig te kan wees…’ (2 Korintiërs 9:10-11 NLV). Sodra jy die volmaakte voorsiening van ‘n liefdevolle hemelse Vader begin ervaar, sal jou vrese begin verdwyn.
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min