Woord vir Vandag - 12 Okt 2026

Loading player...
“Wie reg doen, sal vrede hê…” Jesaja 32:17 AFR83
Maak vrede met jou verlede
Ons is die somtotaal van alles wat ons al ervaar het - beide goed en sleg. Ons kan wens dat ons vorige negatiewe gedrag nooit plaasgevind het nie, of ons kan besluit om die werklikheid daarvan te aanvaar. Hoe ons kies om op die verlede te reageer, sal ons lot bepaal. Ons het almal gesondig en ons het óf daarop gereageer deur God se vergifnis te vra en vorentoe te beweeg, óf ons sit steeds in skuldgevoelens vasgevang. Ons kan selfs angs oor moontlike gevolge ontwikkel. Baie mense word deur jaloesie as gevolg van hul eie ontrouheid of vorige oortredings geteister. Hulle leef in vrees dat hulle eendag sal maai wat hulle gesaai het. Sommiges sal selfs hul lewensmaats verbaal en fisies mishandel om dit wat hulle voel onvermydelik is, af te weer. Wanneer ons berou toon, moet ons God se Woord glo: ‘…Ek sal aan hulle sondes en hulle oortredings nooit weer dink nie’ (Hebreërs 10:17 NLV). God onthou nie belyde sonde nie, daarom moet ons ophou om dit op te haal. God wil dit nooit weer hoor nie: ‘Inderdaad, waar sondevergifnis ‘n werklikheid is, is geen verdere offer vir die sonde nodig nie’ (Hebreërs 10:18 NLV). Een keer is genoeg. Dit is nie nodig om voortdurend berou daaroor te hê nie. Wanner jy dit doen, is jy besig om ‘n ‘verdere offer’ te bring. Te veel mense offer die res van hul lewens op die altaar van berou oor vorige oortredings. Ja, jy moet alles in jou vermoë doen om jou lewe in lyn met die vereistes van God se Woord te bring. Wanneer jy dit egter gedoen het, moet jy op hierdie Skrifgedeelte staan: ‘Wie reg doen, sal vrede hê; wie volhard in regdoen, sal vir altyd rus en sekerheid geniet.’
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min