Woord vir Vandag - 13 Okt 2026

Loading player...
“…Ek is die Here jou God wat jou leer wat vir jou reg is. Ek lei jou op die pad waarop jy moet loop.” Jesaja 48:17 NLV
Die paaie na jou lewensdoel
Jy sal waarskynlik verskeie paaie op pad na jou lewensdoel volg. Toe Luciano Pavarotti ‘n seuntjie was, het sy ouma hom dikwels op haar skoot getel en gesê: ‘Jy gaan wonderlik wees – jy sal sien.’ Sy ouma het egter gedroom dat hy ‘n bankier gaan word! In plaas daarvan het hy ‘n onderwyser geword. Hy het ‘n rukkie by ‘n laerskool skoolgehou en soms by spesiale geleenthede gesing. Sy pa was die een wat hom uitgedaag het om sy stem te ontwikkel en vir hom gesê het dat hy ver aan sy potensiaal tekortskiet. Uiteindelik, op twee-en-twintigjarige ouderdom, het Pavarotti die onderwys verlaat om versekering te begin verkoop. Hy wou ‘n stabiele werk hê waarop hy finansieel kon staatmaak, indien hy nie sukses in die musiekwêreld kon behaal nie. Die versekeringsmaatskappy het hom tyd gegee om sanglesse te neem, en soos hulle sê: ‘Die res is geskiedenis.’ In ‘n onderhoud het die operaster gesê: ‘Om sang te studeer was die keerpunt in my lewe.’ Toe het hy bygevoeg: ‘Dis ‘n fout om die veilige pad in die lewe te kies.’ Dit verg moed om ‘n posisie wat jy as veilig beskou, te verlaat en in ‘n nuwe rigting te begin beweeg, maar sonder risiko kan jy nooit jou potensiaal verwesenlik of alles waarvoor God jou geskape het, bereik nie. Die grootste risiko van alles is om geen risiko te neem nie, want die persoon wat niks waag nie, bereik niks, het niks, voel niks en word uiteindelik niks. God mag jou langs verskeie paaie op pad na jou lewensdoel lei, maar as jy jou aan sy wil onderwerp en sy leiding volg, sal jy vir seker slaag.
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min