Woord vir Vandag - 14 Okt 2026

Loading player...
“Die Here sê toe vir Josua: ‘Staan op. Hoekom lê jy daar op die grond? Israel het oortree…” Josua 7:10-11 NLV
Die gevolge van ongehoorsaamheid
Jerigo se mure het geval en Josua was oorweldig deur die oorwinning. Hulle volgende uitdaging was die stad Ai, met ‘n bevolking van slegs 20 000 mense. Josua het toe besluit dat 3 000 van sy soldate die stad kon inneem. Hy was egter verkeerd. ‘Die mense van Ai het die Israeliete van die poort van die stad af agternagesit en hulle gejaag tot by die klipskeure waar hulle omtrent 36 van hulle teen die skuinste doodgemaak het. Die volk se moed het in hulle skoene gesak’ (vers 5 NLV). Wat het hierdie nederlaag veroorsaak? Akan, een van Josua se soldate, het God se bevel verontagsaam en van die buit van Jerigo geneem en dit in sy tent weggesteek. Gevolglik het Israel ‘n vernederende nederlaag gely en Akan en sy familie is in die Laagte van Akor met klippe doodgegooi. Josua het ‘n ineenstorting gehad. Hy het sy klere geskeur en op die grond neergeval en gebid: ‘…As ons tog maar liewer aan die ander kant van die Jordaan gebly het!’ (vers 7 NLV). Let op wat God vir hom gesê het: ‘…Staan op. Hoekom lê jy daar op die grond? Israel het oortree…’ Daar is ‘n belangrike les hieruit te leer: daar is ‘n tyd om te bid, en daar is ‘n tyd om op te staan en die kwessies waaroor God jou aanspreek, te hanteer! Soms bid ons in die hoop dat God ons ongehoorsaamheid sal oorsien of van plan sal verander. God se doel is egter om ons te verander! Waarom het Akan van die buit van Jerigo geneem? Omdat hy nie op God se vermoë en bereidwilligheid om vir hom te sorg, vertrou het nie. Spreek God jou ook daaroor aan?
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min