Woord vir Vandag - 15 Okt 2026

Loading player...
“Moenie veins dat jy ander liefhet nie; doen dit uit jou hart uit…” Romeine 12:9 NLV
Reëls vir bediening
Wanneer dit by die dien van ander kom, moet jy probeer om volgens hierdie drie reëls te leef: 1) Dien opreg. ‘Moenie veins dat jy ander liefhet nie; doen dit uit jou hart uit…’ God ken jou hart, wees dus eerlik met jouself oor jou ware beweegredes om ander te dien en vir hulle op te offer. As jy hulp in hierdie area nodig het, wend jou tot die Skrif: ‘Die woord van God is vol lewenskrag en energie. Dit is skerper as die ontleedmes van ‘n chirurg… Dit vlek ons diepste motiewe en oorwegings oop’ (Hebreërs 4:12 NLV). 2) Dien stilweg. ‘Wanneer jy iemand in nood help, moenie ‘n groot okkasie daarvan maak nie. Dis wat die skynheiliges in die sinagoges en op die strate doen om deur die mense opgehemel te word…’ (Matteus 6:2 NLV). Wanneer mense jou vriendelikheid as vanselfsprekend aanvaar of nie die dinge wat jy vir hulle doen waardeer nie, moenie jou eie beuel blaas nie. Draai na God vir jou beloning en nie na mense toe nie; anders sal jy teleurgestel word. 3) Dien selektief. Jy is nie geroep om na elke plek te gaan, in elke behoefte te voorsien en elke persoon te help nie. By twee verskillende geleenthede het God Paulus gekeer om na Asië te gaan om die evangelie te gaan verkondig. Kyk egter wat volgende gebeur het: ‘Daar het Paulus in die nag ‘n visioen ontvang. Hy het ‘n Masedoniese man gesien wat hom staan en smeek: ‘Kom oor na Masedonië toe en help ons.’ …ons [het] onmiddellik Masedonië toe vertrek omdat ons tot die oortuiging gekom het dat God ons geroep het om die evangelie daar te verkondig’ (Handelinge 16:9-10 NLV). Waarom is dit belangrik? Want wanneer God jou lei, voorsien Hy vir jou!
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min