Woord vir Vandag - 16 Okt 2026

Loading player...
“…Leef vandag voluit vir God!” Matteus 6:34 DB
Lewe een dag op ‘n slag (1)
Sir William Osler was die bekendste geneesheer van sy generasie. Hy het die Johns Hopkins Skool vir Geneeskunde bestuur en as professor in medisyne aan die Universiteit van Oxford gedien. Sy handboek, The Principles and Practice of Medicine, word as die vader van psigosomatiese medisyne beskou en was vir drie dekades lank die belangrikste naslaanboek vir mediese studente. Osler se mediese loopbaan het egter, pas nadat dit begin het, amper weens ‘n senuwee-ineenstorting geëindig. Hy het probeer om aan sy akademiese vereistes te voldoen, ‘n mediese praktyk op die been te bring en kop bo water te hou - alles op dieselfde tyd. Dit het hom amper doodgemaak. Toe kom hy op die woorde van Thomas Carlyle af: ‘Our main business is not to see what lies dimly at a distance, but to do what lies clearly at hand.’ Hierdie woorde het Osler se lewe verander. In ‘n toespraak by Yale Universiteit, het Osler vir die studente gesê dat hy sy sukses aan ‘n eenvoudige beginsel te danke het: om die lewe een dag op ‘n slag te leef. Dawid het gesê: ‘Dit is die dag wat die Here gemaak het. Laat ons daaroor juig en bly wees’ (Psalm 118:24). Jesus het gesê: ‘…Hou op om te sê: ‘Wat gaan ons vandag eet en drink?’ of: ‘Wat gaan ons vandag aantrek?’…Julle het mos ’n Vader in die hemel wat presies weet wat julle nodig het. Hy sal sorg dat julle dit alles kry. Stel God se koninkryk eerste. Doen net daardie dinge wat vir Hom belangrik is. Hy sal vir die res sorg... En los môre se probleme vir die dag van môre. Van probleme het elke dag immers oorgenoeg. Leef vandag voluit vir God!’ (Matteus 6:31-34 DB).
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min