Woord vir Vandag - 19 Okt 2026

Loading player...
“…Ek en my huisgesin sal die Here aanbid.” Josua 24:15 NLV
Eer God in jou huis
Joe was ‘n skrynwerker wat vir ‘n boukontrakteur gewerk het. Eendag het die kontrakteur vir hom gesê: ‘Joe, ek stel jou in beheer van die volgende huis wat ons bou. Ek wil hê jy moet die materiaal bestel en toesig hou oor die werk.’ Joe het die opdrag met groot entoesiasme aanvaar. Hy het die bloudrukke bestudeer en elke meting en spesifikasie nagegaan. Toe het hy gedink: ‘As ek werklik in beheer is, hoekom kan ek nie ‘n paar kortpaaie vat nie, goedkoper materiale gebruik en die ekstra geld in my sak steek nie? Wie sal weet? Sodra die huis geverf is, sal dit fantasties lyk.’ Joe het toe tweedegraadse hout en goedkoop beton bestel, goedkoop bedrading ingesit en elke kortpad gevat wat hy kon. Toe die huis klaar was, het die kontrakteur dit kom besigtig. ‘Jy het ‘n goeie werk gedoen!’ het hy gesê. ‘Jy was al die jare getrou aan my en ek het besluit om my dankbaarheid te betoon deur jou hierdie huis wat jy so pas gebou het, as ‘n geskenk aan jou te gee.’ Nag na nag, terwyl Joe in die bed gelê en geluister het na die dak wat lek en die vloer wat kraak, het hy die boodskap hard en duidelik gehoor: Die huis wat jy bou, is die huis waarin jy sal moet woon! Skeep jy jou eggenoot en jou gesin af wat liefde, tyd, voorbeeld en onderrig betref? Jy kan maar weet: daar sal ‘n tyd kom wanneer jy spyt sal wees oor wat jy gedoen het en nagelaat het om te doen. Afhangende van tyd en geleentheid, mag jy dalk nie ‘n kans kry om dit ongedaan te maak nie. Maak dus die volgende jou gebed: ‘…Ek en my huisgesin sal die Here aanbid.’
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min