Woord vir Vandag - 20 Okt 2026

Loading player...
“Vergeet al die dinge wat in die verlede gebeur het… Ek gaan iets nuuts doen. Dit het alreeds begin gebeur!..” Jesaja 43:18-19 NLV
Laat die verlede met rus
Nadat hy twee keer tydens die Olimpiese spoedskaatswedlope van 1988 geval het, het Dan Jansen die sportsielkundige, dr Jim Loehr, begin spreek, wat hom gehelp het om ‘n nuwe balans tussen sport en die res van sy lewe te vind en om meer aandag aan die geestelike aspekte van skaats te gee. Peter Mueller het Dan se afrigter geword en hom deur oefensessies gelei wat hy as ‘die moeilikste wat ek nog ooit moes deurmaak,’ beskryf het. Teen die tyd dat die Olimpiese Spele van 1994 aangebreek het, het Jansen meer selfvertroue as ooit gehad. Hy het net twee maande tevore ‘n wêreldrekord oor die 500 meter opgestel, dus het almal voorspel dat hy goud in daardie wedloop sou wen. Toe gebeur die ondenkbare - hy val tydens die 500 meter-wedloop. Dr Loehr het hom aangeraai: ‘Begin nou voorberei vir die 1000 meter-wedloop. Trek onmiddellik ‘n streep deur die 500 meter-wedloop. Hou op om dit te herleef. Dink aan die 1000!’ Jare lank het Jansen nie geglo dat hy daardie afstand kon wen nie, aangesien hy dit nog altyd as sy swakker item beskou het. Nou was dit sy laaste kans op ‘n Olimpiese medalje. Toe die wedren begin, het Jansen gesê: ‘Dit het gevoel of ek goed aan die gang is, toe het ek gegly en amper uit die baan getree.’ Tog het hy nie paniekerig geraak nie; hy het aangehou en ‘n wêreldrekordtyd aangeteken wat hom die goue medalje besorg het. Daar is ‘n belangrike les hieruit te leer. Laat die verlede met rus en glo dat God beter dae vir jou in gedagte het - want Hy het. Die woord vir vandag is dus: ‘Vergeet al die dinge wat in die verlede gebeur het… Ek gaan iets nuuts doen. Dit het alreeds begin gebeur!..’
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min