Woord vir Vandag - 21 Okt 2026

Loading player...
“…U het hierdie goeie dinge aan u dienaar belowe.” 2 Samuel 7:28 NLV
Vertrou God vir ‘Goeie Dinge’
Ons streef elke dag daarna om te ‘...leef deur te glo en nie deur te sien nie’ (2 Korintiërs 5:7 NLV). Dit is egter nie maklik nie. Dit verg gedagtes wat deur die Skrif deurdrenk is om ‘n geloofskeuse te maak wanneer jy ’n situasie in die gesig staar wat onmoontlik lyk. Hoe ontwikkel jy daardie soort geloof? Vir ‘n verhouding om te floreer, moet beide partye tyd en energie belê om mekaar te leer ken. Blywende verbintenisse word op vertroue en ‘n intieme kennis van die ander persoon se gewoontes en karakter, gebaseer. Dit is ook dieselfde met God. Met verloop van tyd, soos jy sy getrouheid ervaar, word dit makliker om jou vrees te laat vaar en dit met vertroue te vervang. Een outeur skryf: ‘Om God te leer ken, beteken om saam met Hom te wandel, tyd met sy Woord deur te bring en om sy vlekkelose karakter en die tallose voorbeelde van sy onfeilbare liefde, te leer ken. Dit beteken om te bid, te praat en al die besonderhede van jou lewe en die innerlike werking van jou hart te deel. Hy weet dit alles reeds, maar Hy geniet die intimiteit van die gesprek. Soos enige gebalanseerde verhouding, kan ons egter nie altyd die een wees wat praat nie. Ons moet tyd maak om te luister, om voor die Here te kniel en stil te word en die geraas van ons gedagtes en die gejaag van ons emosies stil te maak.’ Onthou, die enigste plek waar vrees kan werk is in die leë ruimte waar jou geloof moet wees. Vrees word op die dinge wat jy sien en hoor gebaseer. Geloof word op die wete dat God se Woord betroubaar is en dat Hy ‘goeie dinge’ belowe aan diegene wat Hom daarvoor glo, gebaseer!
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min