Woord vir Vandag - 22 Okt 2026

Loading player...
“…Ons doel is nie om mense tevrede te stel nie, maar God. Hy ondersoek die motiewe van ons harte.” 1 Tessalonisense 2:4 NLV
Streef daarna om God in alles tevrede te stel!
‘n Jong man het onder ‘n wêreldbekende violis en meesteronderwyser studeer om die viool te bemeester. Hy het jare lank hard gewerk om sy talent te vervolmaak. Die dag het uiteindelik aangebreek toe hy gevra is om sy eerste groot openbare uitvoering in ‘n groot stad waar beide hy en sy onderwyser gewoon het, te gee. Na elke lied, wat hy met groot vaardigheid en passie uitgevoer het, het die jong man ongemaklik gelyk oor hoe om al die applous wat hy ontvang het, te hanteer. Alhoewel hy geweet het dat diegene in die gehoor musikaal geletterd was en nie geneig was om sulke applous vir ‘n minder as uitmuntende uitvoering te gee nie, het die jong man amper opgetree asof hy nie die waardering kon hoor wat op hom uitgestort word nie. Aan die einde van die laaste nommer wat hy uitgevoer het, was die applous dawerend en talle ‘bravo!’s het deur die saal weerklink. Die talentvolle jong violis het egter sy oë net op een plek gerig. Uiteindelik, toe ‘n bejaarde man in die eerste ry van die balkon glimlag en vir hom in goedkeuring knik, het die jong man ontspan en begin straal van beide verligting en vreugde. Sy onderwyser het sy werk goedgekeur! Die applous van duisende het niks vir hom beteken, totdat hy die goedkeuring van sy meester ontvang het nie. Dit was ook Paulus se doel, en dit behoort joune ook te wees. ’Nee, ons praat omdat God ons gekeur het. Hy het die Goeie Nuus aan ons toevertrou. Ons doel is nie om mense tevrede te stel nie, maar God. Hy ondersoek die motiewe van ons harte’ (vers 4 NLV). Die woord vir vandag is dus: streef daarna om God in alles tevrede te stel!
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min