Woord vir Vandag - 23 Okt 2026

Loading player...
“…Ek het julle vandag bevry van die vernedering van Egipte…” Josua 5:9 NLV
Hoe om in ‘n vyandelike gebied te floreer (1)
Toe Israel die Beloofde Land binnegegaan het, was daar een-en-dertig konings wat verower moes word. Dit beteken dat hulle in ‘n vyandelike gebied sou moes woon. God het vir Josua gesê om die Israeliete te besny (Josua 5:2 NLV). Toe dit klaar was, het die Here gesê: ‘Ek het julle vandag bevry van die vernedering van Egipte.’ Die ‘vernedering van Egipte’ was die vernedering van slawerny wat hulle 400 jaar lank verduur het; nou was dit tyd om hul eersgeboortereg as God se uitverkore volk op te eis. Die besnydenis was dus ‘n simboliese skeiding van die verlede en ‘n verklaring van ‘n nuwe identiteit: nie meer ‘n slaaf nie, maar vry. Wat van jou ou versoekings, welluste en tekortkominge? God het jou uit hulle mag bevry! Toe Christus gesterf het, het jy gesterf. Toe Christus begrawe is, is jy begrawe. Toe Christus uit die dood opgestaan het, het jy saam met Hom opgestaan. ‘…wat julle vroeëre leefstyl betref, [moet julle] die ou, sondige mens soos vuil klere… uittrek… Ja, trek die nuwe mens soos skoon klere aan…’ (Efesiërs 4:22, 24 NLV). Satan word ‘die versoeker’ en ‘die aanklaer’ genoem. Wanneer hy in enige van dié twee rolle voor jou staan, sê vir hom: ‘Ek is teen ‘n duur prys gekoop. Ek behoort aan God’ (sien 1 Korintiërs 6:20). ‘Ek is nie ’n gees van skugterheid gegee nie, maar een van krag en liefde en selfbeheersing’ (sien 2 Timoteus 1:7). ‘Ek kan nie van God se liefde geskei word nie’ (sien Romeine 8:35). ‘Ek kan op die regte tyd God se deernis en onverdiende goedheid ontvang’ (sien Hebreërs 4:16). ‘Ek kan onder alle omstandighede regkom deur Hom wat my krag gee’ (sien Filippense 4:13).
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min