Woord vir Vandag - 24 Okt 2026

Loading player...
“Omdat julle één is met Christus is julle ook besny…” Kolossense 2:11 NLV
Hoe om in ‘n vyandelike gebied te floreer (2)
Voordat God sy volk toegelaat het om die Beloofde Land te verower en te bewoon, het Hy beveel dat alle mans besny moes word (sien Josua 5:2). Die besnydenis is aanvanklik deur God aan Abraham bekendgestel as ‘n teken van die verbond tussen God en hom (sien Genesis 17:11). Die besnydenis het beteken dat hulle van die omliggende nasies wat God nie geken het nie afgesonder was en dat hulle aan Hom behoort het. Tydens die woestynomswerwinge het die Hebreërs hierdie praktyk laat vaar. Voordat hulle egter hul nuwe lewe in Kanaän kon begin, het God dit weer aan hulle as voorwaarde om ‘n verbondsverhouding met Hom te geniet, bekendgestel. Wat is die geheim van oorlewing in vyandelike gebied? Eerstens, onthou wat God vir jou gedoen het. Tweedens, onthou wie s’n jy is. Die Hebreërs het gedoen wat God beveel het - en God het hulle beskerm en hulle skouspelagtige oorwinnings oor hul vyande gegee. ‘Al die konings van die Amoriete wat wes van die Jordaan bly en al die konings van die Kanaäniete wat by die Middelandse See bly, het gehoor hoe God die water van die Jordaan voor die Israeliete laat wegdroog het… Hulle harte het gekrimp. Hulle het nie kans gesien om teen die Israeliete te veg nie’ (Josua 5:1 NLV). Hul toewyding aan God het beskerming van God meegebring. Dit werk steeds so. ‘Wys dus dat julle van God afhanklik is deur na Hom te luister. Weerstaan die duiwel en hy sal van julle wegvlug. Kom nader aan God, en Hy sal nader aan julle kom…’ (Jakobus 4:7-8 NLV). Hierdie Skrifgedeeltes leer ons dat wanneer jy jouself aan God oorgee, Hy jou die krag sal gee om die wêreld, die vlees en die duiwel te oorwin.
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min