Woord vir Vandag - 25 Okt 2026

Loading player...
“Ons is daarop bedag om eerbaar voor die Here op te tree, maar ook voor die mense.” 2 Korintiërs 8:21 NV
Doen altyd die eerbare ding
In ‘n uitgebreide meningsopname in 1991 genaamd The Day America Told the Truth, het James Patterson en Peter Kim die volgende verrassende bevindinge gerapporteer. Slegs 13 persent van diegene wat ondervra is, het geglo dat al Tien Gebooie vandag nog bindend en relevant is. Een-en-negentig persent het erken dat hulle gereeld by die huis en werk lieg. Die meeste werkers het erken dat hulle gemiddeld sewe uur per week by die werk sit en niksdoen. Ongeveer die helfte van die werksmag het erken dat hulle gereeld siekverlof neem, selfs wanneer hulle nie siek is nie. Toe hulle gevra is wat hulle bereid sou wees om vir tien miljoen dollar te doen, het 25 persent gesê dat hulle bereid sou wees om hul families te verlaat, 23 persent het gesê dat hulle bereid sou wees om vir ‘n week as ‘n prostituut te werk, en 7 persent het gesê dat hulle bereid sou wees om ‘n vreemdeling te vermoor! Moet ook nie aanneem dat dit net ongelowiges was wat so gereageer het nie. Doug Sherman en William Hendricks het spesifiek Christene ondervra en bevind dat hulle amper net so geneig as ongelowiges was om hierdie dinge te doen. Hulle het erken dat hulle by die werk steel, hul belastingopgawes vervals en wette selektief gehoorsaam. Paulus het aan die Korintiërs geskryf: ‘Ons is daarop bedag om eerbaar voor die Here op te tree, maar ook voor die mense.’ Toe het hy aan die Christene in Rome geskryf: ‘Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen…’ (Romeine 12:2 NLV). Doen dus altyd die eerbare ding.
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min