Woord vir Vandag - 26 Okt 2026

Loading player...
“…Deur ‘n leefstyl wat vol ontsag en eerbied vir God is, moet julle wys dat julle gered is.” Filippense 2:12 NLV
God se deel en ons deel
Paulus skryf: ‘…Deur ‘n leefstyl wat vol ontsag en eerbied vir God is, moet julle wys dat julle gered is. Dit is mos God wat julle gewillig maak om te doen waarvan Hy hou…’ (verse 12-13 NLV). Verlossing is ‘n gawe van God, dus kan jy nie daarvoor werk nie - maar jy kan daaraan werk. Hoe doen jy dit? Net soos jy jou spiere oefen. As jy fiks wil word, moet jy oefen! Hoe meer jy oefen, hoe sterker word jy. Jy moet jou geloof gimnasium toe neem en dit begin oefen. Dit sal ‘n bietjie bewerasie veroorsaak - dis wat spiere doen wanneer hulle tot hul uiterste gebruik word. Dis egter hoe hulle sterker word. Soos jy aanhou oefen, sal vandag se geloofsplafon môre se geloofsvloer word. Paulus skryf: ‘Want God het hulle reeds vooruit geken, en Hy het hulle aangewys om soos sy Seun te word…’ (Romeine 8:29 NLV). God het ons reeds vooruit geken en ons moet ons deel doen deur soos sy Seun te word. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is die volgende gesegde: ‘Bid asof dit van God afhang en werk asof dit van jou afhang.’ As jy net die een of die ander doen, sal dit tot halfgebakte geestelikheid lei. Ons doelwit is om gelyk met die beeld van Christus te word. God sal enige omstandigheid, goed of sleg, gebruik om daardie doelwit te bereik. Daarom skryf Paulus: ‘Doen alles sonder kla of teëpraat. Dan sal julle as onberispelike kinders van God bo verdenking staan. Julle sal skoon lewe in ‘n wêreld vol oneerlike en perverse mense. Skyn in hierdie donker wêreld soos helder sterre, deur noukeurig te leef volgens die boodskap wat tot die lewe lei…’ (Filippense 2:14-16 NLV).
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min