Woord vir Vandag - 27 Okt 2026

Loading player...
“Werk hard sodat God jou kan goedkeur. Wees ‘n goeie werker, een wat nie nodig het om hom te skaam nie…” 2 Timoteus 2:15 NLV
God se goedkeuring is die belangrikste
Wallace E. Johnson, president van die Holiday Inn hotelketting en een van Amerika se suksesvolste bouers, het gesê: ‘Ek hou die volgende Skrifgedeelte op ‘n kaartjie in my beursie en verwys gereeld daarna: ‘Hou aan met vra, en God sal vir julle gee. Hou aan met soek en julle sal kry. Hou aan klop en God sal die deur vir julle oopmaak. Elkeen wat so volhardend vra, ontvang; en wie aanhou soek, kry; en vir elkeen wat aanhou klop, sal God oopmaak’ (Matteus 7:7-8 NLV). Hierdie Skrifgedeelte behels van God se grootste beloftes.’ Toe het Johnson iets interessants bygevoeg: ‘Hierdie verse kan ‘n bietjie eensydig lyk en op ‘n filosofie van ontvang, maar nie van gee nie, dui. Ek het eendag op die volgende vers afgekom wat sedertdien ‘n daaglikse herinnering aan wat my verantwoordelikheid as ‘n sakeman teenoor God is, dien: ‘Werk hard sodat God jou kan goedkeur. Wees ‘n goeie werker, een wat nie nodig het om hom te skaam nie…’ Sedertdien meet ek my optrede aan die frase: ‘Wees ‘n goeie werker, een wat nie nodig het om hom te skaam nie.’ As jy nie weet dat jy God se goedkeuring het nie, sal jou suksesse, hoe groot ook al, jou leeg laat voel. Wanneer jy egter weet dat jy God se goedkeuring het, voel jy volkome vervuld.’ Paulus het aan die gelowiges in Korinte geskryf en gesê: ‘Ons streef in elk geval daarna… om [God] tevrede te stel’ (2 Korintiërs 5:9 NLV). Aan die mense is Tessalonië het hy gesê: ‘…ons [vra] julle om te sorg dat julle leefstyl tot eer van God is, soos ons julle geleer het…’ (1 Tessalonisense 4:1 NLV). Die woord vir jou vandag is dus: God se goedkeuring is die belangrikste.
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min