Woord vir Vandag - 28 Okt 2026

Loading player...
“Met ‘n woord het Hy hulle genees, en hulle van die dood weggeruk.” Psalm 107:20 NLV
Genesing in die Ou Testament
Die Ou Testament is vol beloftes van genesing, sowel as voorbeelde van God wat mense genees. Hier is ‘n paar beloftes van genesing: ‘Julle mag niemand anders as die Here julle God aanbid nie. Ek sal julle met kos en water en gesondheid seën. In julle land sal kinders nie met geboorte sterf nie. Julle mense sal nie onvrugbaar wees nie. Ek sal julle lank en gelukkig laat lewe’ (Eksodus 23:25-26 NLV). ‘’Ek sal jou gesond maak en jou wonde genees,’ sê die Here…’ (Jeremia 30:17 NLV). ‘Here my God, ek het na U geroep om hulp en U het my gesond gemaak’ (Psalm 30:3 NLV). Hier is ook ‘n paar voorbeelde van genesing in die Ou Testament: 1) God wat Naäman van melaatsheid genees (sien 2 Konings 5:14-15); 2) Elia wat die weduwee se seun uit die dood opwek (sien 1 Konings 17:17-24); 3) God wat Hanna se onvrugbaarheid genees (sien 1 Samuel 1:19-20); 4) Die kinders van Israel word genees toe hulle deur giftige slange in die woestyn gepik is (sien Numeri 21:4-9). Die Ou Testament bewys dat God oor die volgehoue gesondheid van sy volk omgee. Psalm 105:37 sê toe God die Israeliete uit slawerny van Egipte verlos het, het Hy hulle ‘…ook uitgebring met silwer en goud, en daar was nie een swak mens onder hulle stamme nie’ (Psalm 105:37 KAB23). As God dit vir sy kinders onder die ou verbond sou doen, dink hoeveel te meer Hy vir ons wat ‘in Christus’ onder ‘n beter verbond leef, sal doen. ‘…Jesus Christus…[is] Middelaar van ‘n voortrefliker verbond, ‘n verbond wat voortrefliker is omdat dit op voortrefliker beloftes berus’ (Hebreërs 8:6 NLV). Die woord vir jou vandag is dus - glo God vir jou genesing.
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min