ABC van Ouerskap: U - Uitbarstings

Loading player...
In die ABC van Ouerskap kyk ons vandag na die U vir Uitbarstings – daardie oomblikke wanneer jou kind skielik op die vloer lê, huil, skree, stamp of eenvoudig heeltemal oorweldig lyk. Maar hoekom gebeur tantrums, is dit normale deel van ontwikkeling, en hoe behoort ’n ouer dit te hanteer sonder om self sy of haar kop te verloor? Ons gesels met arbeidsterapeut Mandie van Heerden oor wat agter hierdie uitbarstings kan wees en hoe ouers hul kinders én hulself deur hierdie moeilike oomblikke kan help.
6 Oct 4AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

VERSKILMAKERS: ARC

Vir mense wat uit moeilike en traumatiese omstandighede kom, kan die pad na herstel lank wees – maar om weer ’n doel, vaardighede en onafhanklikheid te vind, kan ’n belangrike deel van daardie proses wees. Die Arise Restoration Centre is besig om juis dit prakties aan te pak met ’n…
15 Oct 5AM 8 min