
Gevalle van A-pokke in Suid-Afrika styg tot 26
Loading player...
Die SA Departement van Gesondheid het vier nuwe gevalle van A-pokke bevestig, wat die gevalle in Suid-Afrika vanjaar op 26 te staan bring. Daar is 18 gevalle in die Wes-Kaap, drie in Gauteng, twee in die Oos-Kaap, twee in die Vrystaat, en een in KwaZulu-Natal. Die departement sê die meeste pasiënte is mans tussen 23- en 50-jaar oud. Woordvoerder Foster Mohale vra enige iemand wat simptome ervaar, insluitend koors, 'n uitslag of geswelde limfkliere, om onmiddelik mediese hulp te kry:

