BoN maan teen vervalste banknote.

Loading player...
Kassiere en besigheids-eienaars word versoek om waaksaam te bly nadat twee Rehoboth-leerders betrap is met vervalste Suid-Afrikaanse banknote. Voor die feestyd raai Sencia Kaizemi-Rukata, direkteur van die Bank van Namibië se valutabestuur, winkeleienaars aan om die sekuriteitskenmerke van banknote noukeurig te inspekteer en vals geld onmiddellik by die polisie aan te meld. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
19 Oct 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Onderwysministerie verdedig data-opsporingstelsel se doeltreffendheid

Die leierskap van die onderwys-ministerie het die sektor se data-opsporing en daaglikse ingrypings verdedig... en minister Sanet Steenkamp het beklemtoon dat die ministerie statistieke noukeurig dophou deur 'n onderwysbestuurs-inligtingstelsel. Sy het opgemerk dat kinders wat uit die skool-stelsel verdwyn, ook breër gemeenskaps- en sosio-ekonomiese uitdagings in die gesig staar. Sy…
19 Oct 5AM 1 min

Kamwi prys Pohamba se nalatenskap in moedersorg

Die voormalige minister van gesondheid, Richard Kamwi, het voormalige presidentsvrou, Penehupifo Pohamba, as Namibië se "Florence Nightingale" beskryf en haar vrywillige leierskap in die transformasie van moeder-gesondheidsorg geprys. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus het Kamwi klem gelê op haar onbetaalde werk – wat gewissel het van fondsinsameling by…
19 Oct 5AM 1 min

Blou Bulle maak gereed vir wedstryd teen Ulster

Die Blou Bulle maak gereed vir Saterdag se volgende VRK wedstryd teen Ulster nadat hulle die afgelope naweek met 56-20 teen Stade Français gewen het. Die span se hoofafrigter, Johan Ackerman, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
19 Oct 5AM 1 min

Gevalle van A-pokke in Suid-Afrika styg tot 26

Die SA Departement van Gesondheid het vier nuwe gevalle van A-pokke bevestig, wat die gevalle in Suid-Afrika vanjaar op 26 te staan bring. Daar is 18 gevalle in die Wes-Kaap, drie in Gauteng, twee in die Oos-Kaap, twee in die Vrystaat, en een in KwaZulu-Natal. Die departement sê die meeste…
19 Oct 4AM 1 min