
GUN: Daggabesit moet heeltemal vry wees vir volwassenes
Loading player...
Die organisasie Ganja Users of Namibia verwelkom die kabinet se besluit om die dwelmwet van 1971 met die 2026 Narkotikawetsontwerp te probeer vervang, maar dring aan op die volledige dekriminalisering van persoonlike besit deur volwassenes. Die organisasie se sekretaris-generaal, Borro Ndungula, sê die kriminalisering van individue wat dagga vir persoonlike gebruik besit, skend grondwetlike regte en oorlaai howe. Hy doen 'n beroep op die parlement om eerder 'n gesondheidsgerigte benadering te volg. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

