GNV: AfriForum se Oos-Moot-, Wes-Moot- en Pretoria-Wes-buurtwag maak Zandfontein-begraafplaas veilig en skoon!

Loading player...
GROOTFM 90.5 vier vandag GOEIEnuus-Vrydag en fokus daarop om soveel as moontlik goeie nuus en inspirerende stories van hoop te deel.

AfriForum se Oos-Moot-, Wes-Moot- en Pretoria-Wes-buurtwag het op 1 September 2019 ’n sigbaarheidspatrollie by die Zandfontein-begraafplaas gehou nadat gemeenskapslede AfriForum ingelig het dat hulle onveilig voel by begraafplase.

Volgens Andries Opperman, voorsitter van AfriForum se Oos-Moot-buurtwag, is die grootste probleem aggressiewe bedelaars wat by stopstrate staan en die publiek terroriseer wat die begraafplaas besoek. Hy sê “Die bedelaars teiken veral vroue wat alleen is en ouer mense wat by die begraafplaas inry. Daar is ook gerugte dat hulle die mense intimideer en hul karre skop om so geld uit hulle te kry.”

Die drie buurtwagte het gesamentlik gekoördineer om die begraafplaas te beveilig en het sommer ook skouer aan die wiel gesit om vuilgoed op te tel en die plek netjies te maak.

Johan Liebenberg, voorsitter van AfriForum se Wes-Moot-buurtwag, sê hierdie tipe aksies bevorder samewerking en verhoog die gemeenskap se weerbaarheid. Hy sê: “Dit is vir ons as buurtwag belangrik dat die gemeenskap veilig moet voel as hulle die begraafplaas besoek.

STUUR GERUS JOU GOEIE NUUS NA info@grootfm.co.za
6 Sep 2019 Afrikaans South Africa News Commentary · Documentary

Other recent episodes

#GROOTtrauma | 4 Februarie

Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: >Mediese Vasvra Vraag - Watter neurologiese toestand word veroorsaak deur abnormale elektriese aktiwiteit in die brein en lei tot herhaalde aanvalle? >Hospitaal tydelik sonder suurstof toe verpleegster tenk met voertuig raakry >Breinvliesontsteking eis seuntjie (6) in Pretoria >Wat…
4 Feb 39 min

#GROOTtrauma | 28 Januarie

>Mediese Vasvra Vraag - Watter mediese spesialiteit fokus op kinders se gesondheid? >World Health Esteem Month. >Is jou ontbyt gevaarlik? Waarom die WGO verwerkte vleis met kanker verbind >JP Moller gesles oor - Verslawing as ’n diagnoseerbare gesondheidstoestand >Dr Jaco se wenk vir die week.
28 Jan 34 min

#GROOTtrauma | 21 Januarie

Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: >Mediese Vasvra Vraag - Watter allergie is die mees algemeenste wêreldwyd? >Begin van die jaar ‘detoxes’ is die nuwe tendens. >'Dry January': Studie bevestig dat 1 maand sonder alkohol maak 'n werklike verskil aan gesondheid. >Wat is “HPV”?…
21 Jan 45 min

#GROOTtrauma | 14 Januarie 2026

Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: >Mediese Vasvra Vraag - Watter liggaamsdeel groei die vinnigste by babas? >Aantal babas wat gedurende die feesseisoen gebore is. >Nie net ’n oumens-siekte nie: Beroertes tref al hoe meer jong mense >>Wat is "Gout"? >Dr Jaco se wenk…
14 Jan 40 min

#GROOTtrauma | 17 Desember

#GROOTtrauma | 17 Desember Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: >Mediese Vasvra Vraag - Watter toestel word gebruik om bloeddruk te meet? >Dick Van Dyke is 100 – gaan ons ook word? – Hy deel sy geheime vir ’n lang lewe >Blue Christmas en…
17 Dec 2025 43 min