GROOTfm 90.5 Mirrag met Annelie

Mirrag met Annelie

Mirrag – jou middag boost vol musiek, lag, en die tipe geselskap wat jou laat voel of jy saam met ’n vriendin om die kombuis tafel sit en kuier. Annelie Bouwer is die vurige aanbieder wat vasbeslote is om aan die wêreld te bewys dat rooikoppe inderdaad meer pret het! Annelie is lief vir die lewe en alles daarin – die goeie, die slegte, en natuurlik die snaakse. Sy is oortuig daarvan dat lag werklik die beste medisyne vir enigiets is en kies om die positiewe en ligter kant van die lewe te sien. Sy is passievol in die krag van radio en weet dat alhoewel dit pret kan wees, dit met groot verantwoordelikheid gepaard gaanWant kom ons wees eerlik… teen middagete dink ons almal aan twee goed: ‘Waar’s my koffie?’ en ‘Wanneer kan ek huistoe gaan? So, van nuus tot nonsens dis tyd vir MIRRAG!
Weekly Afrikaans South Africa Music
462 Episodes
420 – 440

Praat ek luister - Disleksie

Annelie gesels met Spraakterapeut en Disleksie kenner Elna verhoef oor Disleksie; wat dit veroorsaak en die behandeling daarvan.
10 Sep 2020 18 min

Spreeklewe - Moenie Bang wees nie

Ons kyk na Jesaja 43:1-7 Wat sê "Moenie bang wees nie" Alhoewel 'n mate van angs nie sleg is nie en selfs daai vuur kan maak wat jy nodig het om belangrike besluite te neem ens. moet ons versigtig wees dat 'n oormaat van angs nie ons lewe oorneem nie.
2 Sep 2020 9 min

Praat ek luister - OCD

Annelie het met Dr. Pierre Malherbe 'n psigiater van Pretoria gesels oor OCD oftewel Obessesief-Kompulsiewe Versteuring. Wat is dit, wat veroorsaak dit en kan dit behandel word.
27 Aug 2020 17 min

Spreeklewe - Dankbaarheid

Annelie praat oor dankbaarheid en kyk na 1 Tessalonisense 5:16-18. Sy praat oor oom Freddie Blom wat die oudste man in SA was en die voorbeeld van dankbaarheid wat hy gestel het.
26 Aug 2020 5 min

Suzette Ferreira - Annique Theron

Ter viering van vrouemaand gesels Annelie met die dogter van Dr. Annique Theron - Suzette Ferreira. Hulle gesels oor die maatskappy wat haar ma begin het, die Rooibos "ontdekking" haar ma as besigheidsvrou en entrepeneur en as voltydse ma.
21 Aug 2020 10 min

Spreeklewe - Geloof en Hoop = Volharding

Ons kyk na Heb 11. 1 en 2 Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. Dit is immers vanweë hulle geloof dat daar oor die mense van die ou tyd met…
19 Aug 2020 5 min

Praat ek luister - PTSD

Annelie gesels met Dr. Melissa Janse van Rensburg oor Post Traumatiese Stres Versteuring. Wat is die simptome, hoe word dit behandel en waar kan mens hulp kry.
13 Aug 2020 16 min

Praat ek luister - Verslawing - Anel Bekker

Hierdie week fokus ons op Verslawing. Anel Bekker is 'n verslawings spesialis wat met Annelie kom gesels het oor wat verslawing is, hoe dit behandel word en waar mens kan hulp kry.
6 Aug 2020 22 min

Spreeklewe 5 Augustus 2020

Elke Woensdagoordink en beleef ons God se liefde en genade en raak ons net weer vir ‘n oomblik stil in Sy teenwoordigheid. Hierdie week kyk ons na Ef.2:13-18
5 Aug 2020 4 min

Spreeklewe 29 Julie 2020

Saam oordink en beleef ons God se liefde en genade en raak ons net weer vir ‘n oomblik stil in Sy teenwoordigheid. Hierdie week kyk ons 1 Pet 5:5b-7
29 Jul 2020 5 min

Brunch met Annelie/Praat ek Luister - ADHD- Jacoleen Vogel

#PraatEkLuister probeer fokus op geestesgesondheid en emosionele probleme waarmee luisteraars sukkel. Hierdie week het Annelie met Jacoleen Vogel, ’n Opvoedkundige Sielkundige, gesels oor ADHD/AGHS by Kinders en hoe om dit te hanteer. Dit na aanleiding van 'n luisteraar se vraag wat sê dat sy vermoed haar kind het ADHD
25 Jun 2020 20 min

Brunch met Annelie/Praat ek Luister - Narsisme- Riette Rust

#PraatEkLuister probeer fokus op geestesgesondheid en emosionele probleme waarmee luisteraars sukkel. Hierdie week het Annelie met Riette Rust, ’n skrywer en bekroonde vryskutjoernalis, gesels oor Narsisme en hoe om dit te hanteer. Dit na aanleiding van 'n luisteraar se vraag oor hoe om saam met haar Narsis man saam te…
18 Jun 2020 20 min

Brunch met Annelie - Moses Metro Man

Moses Metro Man het by Annelie in die ateljee kom kuier en kom gesels oor lockdown, die band wat nou 10 jaar oud is en natuurlik hulle nuwe musiek.
17 Jun 2020 13 min

Jako Meyer onderhoud

Ek en Jako Meyer gesels oor sy nuwe album Middernag Kantoor; Moses Metro Man en natuurlik Lockdown.
11 Apr 2020 6 min
420 – 440