Die voorspeler van die DRK, Yoane Wissa, sê hulle kan nie wag vir hulle Wêreldbeker-ronde van 32-kragmeting môre met Engeland nie. Die Luiperds het deur 13 kwalifiserende wedstryde, 'n kwarantyn-tydperk weens 'n Ebola-uitbreking en die onbestendigheid in hulle land oorkom. Die DRK neem die eerste keer in 52 jaar aan…
Die minister van minerale en petroleumbronne, Gwede Mantashe, het aangekondig reuse-brandstofprysverlagings tree om middernag in werking. Die prys van 93-oktaan loodvrye petrol sal met twee-rand-een-sent per liter daal en 95-oktaan petrol met een-rand-96-sent per liter. Die departement se woordvoerder, Lerato Ntsoko, sê dieselpryse daal met tussen drie-rand-14- en drie-rand-59-sent per…
Die Khomas-streeksraad is die gasheer van die inligtingsessie vir geleenthede vir klein- en mediumgrootte ondernemings. Een van die gesprekke wat gevoer word is oor die SME-fonds wat deur GIZ Namibia befonds word. Die Khomas-goewerneur, Sam Nujoma, het ook oor die geleentheid vir besighede ingevolge die jeugontwikkelingskema gepraat. Hy herinner weereens…
Die vakbondfederasie Cosatu is bekommerd oor berigte van 'n tekort aan aanklaers by die Nasionale Vervolgingsgesag. Die NVG het winsgewende vroeë aftree-ooreenkomste met senior aanklaers aangegaan, wat gelei het tot die vertrek van minstens 47 ervare vervolgers einde April. Matthew Parks van Cosatu sê die geraamde vakaturekoers van tot 600…
Jim O'Neill, 'n prominente Britse ekonoom, en voormalige hoofekonoom van Goldman Sachs, dien as Andy Burnham se ekonomiese adviseur. Burnham het Maandagaand groot beloftes gemaak maar O'Neill sê hy moet eers sy prioriteite definieer voor hy enige aanstellings maak, nog minder sy minister van finansies.
Die energieministerie het bevestig dat die langverwagte brandstofprysaanpassing vir Julie nie vandag aangekondig sal word nie. Met die nuwe maand net ure weg, wag motoriste steeds om te hoor of brandstofpryse sal styg, daal of onveranderd bly. Terwyl baie hoop op verligting by die pompe, het die woordvoerder van die…
Namibiërs wat hul vaardighede deur jare se werkservaring eerder as formele opleiding opgedoen het, kan binnekort amptelike erkenning ontvang kragtens 'n nuwe beleid wat deur die Namibiese Kwalifikasie-owerheid voorgestel is. Kosmos 94.1 Nuus het met die sekretaris-generaal van die Trade Union Congress of Namibia, Mahongora Kavihuha, gepraat, wat sê dit…
Dit gaan bitter koud word met kenners wat sê die is die eerste werklike kouefront omdat dit 'n hoëdrukstelsel is wat lug afdruk en die stelsel bevat yskou Arktiese lug. Die stelsel kom môre aan. Ons gaan koud kry.
Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, sê wetstoepassingsagentskappe is heeltemal voorbereid om die land veilig te hou, lewens en eiendom te beskerm en wet en orde te handhaaf. Dit is in aanloop tot beplande betogings wat vandag landwyd teen onwettige migrasie beplan word. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê Dimpane het…
Andy Burnham wat moontlik die volgende Britse eerste minister gaan wees, het beloof om die grootste magsverandering ooit in die land te verseker. Hy het verlede Maandag aangekondig dat hy teen Keir Starmer gaan staan vir eerste minister. Burnham sê hy gaan ʼn Nommer 10 Noord vestig as middelpunt van…
Andrada Mining het 'n rekord kwartaallikse tinproduksie van 286 ton by sy Uis-myn behaal gedurende die kwartaal geëindig 31 Mei 2026. Die maatskappy het ook bemoedigende litiumboorresultate by Lithium Ridge aangekondig, insluitend grade van tot 3,46 persent litiumoksied, terwyl ertsorteringstoetse by Brandberg-Wes dui op 'n potensieel laekoste-roete na produksie vir…
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sê die land het nie ʼn tekort aan regsraamwerke om seksuele geweld in skole te hanteer nie. Die probleem is fragmentasie, vertraagde integrasie en ongelyke toepassing. Die kommissie het ʼn verslag vrygestel wat op ʼn verstommende toename in gevalle van seksuele geweld teen leerders by skole dui…
Die DA in die Wes-Kaap sê Transnet se belegging van 96-miljoen Suid-Afrikaanse rand in vier nuwe hibriede stapelkrane by die Kaapstadse houerterminaal is te min en te laat om die hawe se voortgesette uitdagings aan te spreek. Noko Masipa van die party sê ernstige opeenhopings veroorsaak dat duisende tonne van…
Die Namibiese Statistieke-agentskap fokus op die modernisering van databronne en die nuutste tegnologie. Hulle het die stap gevat deur 'n streeksveldtog van stapel te stuur, om nasionale data-insameling te hersien, en beklemtoon dat hoëgehalte-statistieke noodsaaklik is vir die bereiking van Visie 2030 en ontwikkelingsplanne.Hierdie inisiatief stel 'n nasionale strategie vir…
'n Koalisie van mediavryheidsorganisasies het aanvalle op buitelandse burgers en dreigemente teen joernaliste veroordeel voor vandag se beplande optrede teen migrante. Die koalisie sê daar was berigte van geweld, intimidasie en dwarsboming van joernaliste, insluitend pogings om hulle te dwing om beeldmateriaal en dreigemente te verwyder terwyl hulle voorvalle met…
Die sekretaris-generaal van Navo, Mark Rutte, sê Keir Starmer was 'n uitstekende premier vir die Verenigde Koninkryk en het die Weste se agenda rakende die oorlog in die Oekraïne gelei. Hy het met Sky News gepraat.
Die Verenigde Nasies sê hy gaan betogings teen ongedokumenteerde immigrasie in Suid-Afrika noukeurig monitor. Teen-migrasiegroepe, insluitend March and March en Operasie Dudula, gaan na verwagting vandag massabetogings teen onwettige immigrasie regoor die land hou. VN-woordvoerder Stéphane Dujarric sê dit is belangrik dat betogings kalm en beheersd bly, met volle respek…
30 Jun 1AM
1 min
2940 – 2960
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.