Mens-dier-konflik 'gaan net erger word'

--:--
Die omgewingsministerie het die gebied van Casablanca naby Oshivelo ontbos ná 'n leeu-aanval. Adjunkdirekteur in die ministerie Erkki Rehabeam sê die buffersone het ten doel om gevaarlike ontmoetings te voorkom. Dit volg op 'n voorval waar twee bewaarders deur 'n leeu beseer is. Die leeu, 'n tiener mannetjie, was moeilik om te vang weens die digte bos. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Morgan Hauptfleisch, die hoof van navorsing by die Namibiese Natuurstigting gepraat oor die aanslag teen mens-dier-konflik.
11 Apr 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Burgemeester verduidelik Walvisbaai-waterprobleme

Walvisbaai ondervind watertekorte wat die visbedryf ernstig beïnvloed. Verwerkingsaanlegte, soos Princess Brand Processing, meld dat hulle al twee weke lank nie genoeg water van die munisipaliteit ontvang nie, wat hul bedrywighede vertraag en finansiële verliese veroorsaak. Die munisipaliteit sê die probleem sal eers oor 60 dae opgelos wees. Kosmos 94.1…
21 May 5AM 1 min

Vermiste Visrivier-canyon stapper veilig gevind

Die 63-jarige Suid-Afrikaner wat in die Visrivier-canyon vermis was, Jacobus Linteeze, is opgespoor en is veilig. Kharas se streekskoördineerder vir misdaadondersoeke, adjunkkommissaris Nicodemus Mbango, sê hy is 'n goeie toestand. Linteeze was laas op 16 Mei gesien toe hy saam met 'n groep van 12 lede in die canyon gaan…
21 May 5AM 1 min

Djokovic vertel van sy en Andy Murray se skeiding

Tennis: Die voormalige wêreld-nommer-een, Novak Djokovic, is nie haastig om ʼn nuwe afrigter te kry voor die Franse Ope nie. Sy en nog 'n gewese nommer-een, Andy Murray, se paaie het onlangs geskei nadat hulle ses maande saamgewerk het. Die 24-malige Grand Slam-kampioen is ʼn promotorskeuse vir die Geneefse Ope,…
21 May 5AM 1 min

Eletroniese afval word 'n bekommernis

Volgens die jongste nasionale e-afvalmonitor belemmer Namibië se beperkte kapasiteit om e-afval te monitor die vordering na 'n volhoubare, sirkulêre ekonomie. 'n Konsep nasionale beleid oor die bestuur van afval-elektriese en elektroniese toerusting is versoek. Die navorsing identifiseer uitdagings in e-afvalbestuur, soos 'n gebrek aan kwantifiseringsmetodologie en wetgewende prosesse. Kosmos…
21 May 4AM 1 min

Elon Musk sê Starlink nie in SA toegelaat omdat hy wit is

Die miljardêr Elon Musk het Suid-Afrika se wette oor swart ekonomiese bemagtiging gekritiseer. Hy sê die Starlink-internetdiens word nie in die land toegelaat nie omdat hy wit is. Om in Suid-Afrika gebruik te word, moet Starlink netwerk- en dienslisensies kry, wat albei 30-persent eienaarskap deur voorheen benadeelde groepe vereis. Die…
21 May 4AM 1 min